Hi daar!
Ek stap nogsteeds...
Gerne, bly om te hoor dinge kom na 'n punt toe. Sterkte vir vannaand mag alles goed gaan! Ek is seker die induksie sal werk, jy het mos gese alles was ook nog nie reg met Henko nie en dit het toe gewerk. My ma het 2 induksies gehad (ek en kleinboet) en is 'n groot voorstaander daarvoor. Sy se na 1ste kind werk dit baie maklik al is jou serviks nog nie ryp nie. Ek dink aan jou en sal die posts op fb volg.
Ek het ook gese ek sal my storie met Jana deel, Johan gaan sy kant van die storie vir haar sms. Omdat ek hypnobirthing doen dink ek nie ek wil heeltyd my konsentrasie verbreek deur te sms nie, toe se Johan hy sal so elke halfuur 'n sms stuur. Behoort interessant te wees om sy kant van die storie te lees na die tyd.
Carmen, ek voel regtig vir jou jong. Ek weet redelik wat fibromialgie behels en dis nie prettig nie. Ek kan jou amper 'n brief gee dat dit die spinaal was wat dit beinvloed het. En vlg my vriendin help niks pille nie. Sterkte!
Janine, excellent om van jou te hoor!! Eks so bly alles gaan goed en het goed afgeloop. Kan nie wag om die hele storie te lees nie!!!
Dit gaan nou ok met my niggie, haar man land more oggend half 8. En dit lyk nie of sy verder in kraam is vandag nie. Sy kry nog period tipe pyn maar nie kontraksies nie en le regtig heeltyd in die bed soos dr aanbeveel het. Maar ek dink daai laaitie van haar gaan dalk net net vir sy pappa wag. Dit sal nou so cool wees as ek en sy en voetjies (nov groep) almal more saam in die hospitaal is! Voetjies en ek is al van gr 2 af maatjies en sy kry more 'n keiser. Ek en my nig is by dieselfde gyni en voetjies is ook by 'n gyni by dieselfde hospitaal, so ons sal moet stry oor wie slaap saam want daar is net 2 beddens in 'n kamer...
Na al my stappies vandag het ek 'n pakkie gogi berries by dischem gekoop en net 'n paar geeet. Nou werk my maag 'n hond uit 'n bos uit. Dis nogal erg en ongemaklik veral met Stefan wat dink ek is 'n klimraam... Hopelik help die maag werkings die kontraksies so bietjie aan, dan kraam ek ook sommer vannaand. Dit sal nice wees!
Lekker dag verder, hoop dit gaan verder goed met almal!