file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #124708 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Bly die ccap is so vinnig weg! Ja dis maar moeilik ne, shame maar hy het dit darem oorleef ne :) hulle se mos dis die ouers wat die swaarste kry met weggaan, inspuitings en so, die kids is finne :)

Nee ek het nie weer enige iets gehad nie :(

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124699 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More Moomies! Hoop almal het goed geslaap! Moet sê ons nagte raak al beter! Maré het gisteraand by sy een ouma gebly terwyl mamma en pappa kerk toe is. Julle dis erg om hom by iemand anders te los! Ek het heeltyd geworry of ouma reg kom! Nou wil ek nie weet hoe dit voel om hulle by iemand vreemd te los nie! Anina hoop daai show is belowend! Gerne stap vrou stap! Sorry Janine het jou po7t gister gemis. Sterkte julle! Petro gee hom ñ dummy om daai suigrefleks te oefen. Dit help daarvoor, dis nie net ñ trosie nie. Dankie Anina, die olyfolie is cradle cap se oplossing! Gerne enige iets na gister se afskeiding? Hoop al die mammas en babas geniet mekaar! Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124698 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More

Ek het n opwindende nag gehad...heel nag BH gehad LOL :( yay

Petro, as jy aanhou uitpomp en jou melk stimuleer sal dit mos genoeg bly? Dis mos omtewe of hy suig en of jy uitpomp.
Shoe ek weet nie, dis wat ek dink. Ekt al gelees j moet j baba weeg voor hy gedrink het en na die tyd dan sal jy weet hoeveel hy inkry, maar ek weet ook nie so mooi van daai een nie. Sterkte vir jou

Janine gaan j vandag dr toe? Jy doen mos die week induksie. Ek wens so ek kon vandag induksie gedoen het. Nou moet ek Dond en dan is my skoonfam alleen in my huis :(

Gaan vandag groceries koop, en ek kan my uif aansoek gaan uitsort want dis die 1ste dag van my ML maar dink ek sal dit more doen. Oja die dokter moet mos die vorm invul dat hy gebore is, so ek sal moet wag.

Agnee julle, regtig, wanneer kom R nou? Nee hel........

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124695 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal, ek het niks om te rapporteer vanoggend nie. Ek hoop Gerne en Janine het 'n meer eventfull aand gehad.

Lekker dag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124680 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle

GO SHARKIES !!! sjo ralmarie - jy seker net so bly soos my man - hy mos groot shark !!!

vir die 3 oorblywendes - ek sien nog geen nuwe nuus nie - so gerne , anina en janine - baie sterkte - ek dink regtig aan julle - maar binnekort het julle julle babas in julle arms

ai julle - my seuntjie is sooooo soet - maar hy slaap te veel en drink te min !!!! Hy te te min gewig op - so ons dink sy suigrefleks is te swak vir hom om goed genoeg te drink - so ek melk nou al my borsmelk uit en voed hom met die bottel sodat ek kan sien hoeveel hy drink !! ek hoop net ek gaan genoeg borsmelk he - hoe moet ek seker maak dat my borsmelk nou meer gaan word soos hy meer nodig het as hy glad nie aan my drink nie ??? weet een van julle ????

carmen lyk my riley is sommer stroopsoet !!!

vir al die ander - hoop julle naweek was lekker en geniet die week wat voorle

p

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124675 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Sterkte vir julle 3!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124672 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, sover het ek en my sussies totaal verskillende kraam ervarings gehad. My een sussie het 2 noodkeisers gehad agv pre-eklampsie, en die ander sussie het nooit 'n show gehad nie, albei kere het haar water gebreek. Maar behalwe dat ek laas geen show gehad het nie, was Stefan se geboorte omtrent 'n duplikasie van my eie geboorte. So as my ma se ervarings iets is om na te kyk, dan is dit heel moontlik dat ek teen more hierdie tyd my dogtertjie in my arms sal he.

Hoe raak mens nou rustig en ontspan as jy sit en wag vir iets om te gebeur? Ek weet nie wat om met myself aan te vang nie! Ek is so rusteloos en opgewonde soos 'n klein dogtertjie voor Kersfees, en dit is moontlik alles vir niks! Ek kry julle keiser mammas jammer, ek weet nie hoe ek sou geslaap het die aand voor die tyd as ek defnitief geweet het more is die dag nie.

Maar voor ek te opgewonde raak, daar is nog geen ander tekens van naderende kraam nie, behalwe dat sy nog steeds baie laag sit. Maar geen kontraksies of enige ander exciting goed nie. So ek sal nou maar rustig raak en vroeg gaan slaap sodat ek more uitgerus is vir wat ookal mag gebeur, as niks vannaand gebeur nie, gaan ek en my niggie more die dorp plat loop.

Lekker slaap almal.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account