Hi julle
joe, het een besige dag agter die rug!
Het vandag dr. toe gegaan en inspuiting en nuwe medisyne vir my spierspasma's en inflammasie gekry, so julle, hou nou duim vas dat dit werk!!!!! Ek kan nie een nag meer wakker sit met die vreeslikste pyn nie
Dis eintlik belaglik, hier het ek 'n baie soet baba en ek sit wakker innie nag met my eie pyn!
Gerne, so jy se Donderdag is D-day!

Ag nee man, jy "fail" niemand deur 'n indukie te laat doen nie jong! Dis tyd vir R om sy verskyning te maak, en soos miskien verras die mannetjie jou tog voor Donderdag nog!
Janine, so die tyd is ook hier!!!!!
Anina, nee wat, skoonpa moet maar plan maak, jy moet net rustig wees en laat dinge sy gang gaan!
Riley was vandag vir haar Newborn photoshoot!!

Ag dit was te cute man, daai kaal ou lyfie

Kannie wag vir die foto's nie, sal dit eers weer oor 3 weke kry!
Dan was ons vandag ook by die pediater: Sy is een vreeslike gesonde babatjie! No probs, haar kleur, alles is 100% en sy het pragtig gewig opgetel! Sy het al 224g opgetel en is al op 10 dae verby haar geboortegewig, wat vroeer is, so pediater is baie impressed
Ons moet maar net aangaan soos ons aangaan, want sover werk dit.
Haar naelstring het ook gister afgeval.
Ok, skies, babbel ek nou lekker oor Riley
Sterkte aan Janine, Gerne en Anina, en aan al die ander mamma's, lekker aand en hou asb. duim vas dat ek vanaad beter voel!

Ek kan nie meer die pyn handle nie!