Ek was gou na my dr se instaan dr om te kyk of hy my nie vroeer as Vrydag kan help nie en hy kan ook nie. Dit lyk of ek nie hierdie keer normaal gaan kraam nie

sob sob. Ruben se kop is nogsteeds los en bo en nie ingesak nie en hierdie dokter se ook dat as dit nie by 40 weke gebeur het nie dit nie sommer sal gebeur nie. So ek weet nou nie meer nie. Hy se ek is glad nie indoseer baar nie
So ek kan nou maar rustig wees en ophou loop soos 'n mal mens, dit gaan nie help nie. en die kanse dat ek spontaan in kraam sal gaan is minimaal. So ek sien darem my dr donderdag oggend baie vroeg dan sal hy vir my se wat hy dink of ons nog daai dag kan kyser of wat.
Die van julle wat kysers gehad het, asb help my. iewers moet ek dit begin aanvaar want ek is vreeslik anti-kyser (vir myself, ek het niks teen ander se besluite nie). Is dit vreeslik seer? Gaan ek nie my babatjie kan vashou en voed nie? Gaan ek kan loop? Ek sal moet gou oplees oor kysers want ek ken dit glad nie. julle hulp sal waardeer word. dankie.
Elise, daai rokkie is stunning, so girly ne! sy is net so mooi, lekker vetties geword