file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #125086 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,

Janine, dit klink vir my of dinge vir jou gaan gebeur voor Donderdag! Daai sterk kontraksies klink baie belowend al is hulle nie reelmatig nie. Jy kan ook probeer om daai asemhaling te doen waar jy so diep in jou maag in asem haal sodat jou pens opswel soos 'n ballon. Dit help regtig om die kontraksie meer effektief te maak sodat die kringspiere ontspan en jou serviks ontsluit. Ontspanning is die key word!! En daai diep asemhaling verskaf suurstof aan die regte spiere sodat hulle nie moeg en seer word van al die kontraksies nie.

Gerne, klink of jy ook nie ver is nie, ek kry ook lae rug pyn en het gisteraand so 2 kontraksies gehad wat ek in my rug kon voel, maar sover vandag niks, nie eers een nie...

Ek en my niggie het toe heel oggend in 'n mall gaan rondloop en ons het gestap en gestap en gestap. Sal vanmiddag weer saam met Johan gaan stap, hopelik gebeur daar dan iets vannaand.

My skoonpa vlieg Donderdag oggend terug Mali toe vir werk en ek weet niemand bedoel dit so nie, maar dit voel asof hulle druk op my sit om te produce voor hy weg gaan. Dit maak my sommer vies, dit is mos nie ek wat gese het hy moet daar werk nie, en vir wat kan hy nie maar die werk laat weet daar is dringende familie sake en hy kom 'n week later terug nie?? Maar hy is een van daai outydse pligsgetroue afrikaners wat werk toe gaan come hell or high water. Ek en my man het sommer nou nou daaroor vasgesit, want hy se niemand sit druk op my nie, en ek weet hulle doen nie, maar dit voel vir my asof ek nou MOET kraam sodat oupa sy kleindogter se eerste daggies kan beleef. Ek is seker maar net emosioneel en droom dinge op wat nie bestaan nie... maar dit voel vir my so erg, ek het al oorweeg om dokter toe te gaan en te se hy moet more oggend 'n induksie doen sodat oupa hier kan wees. Gelukkig kan ek dit nie doen nie, my dokter is nie more hier nie, hy is 'n gasspreker op 'n gyni konferensie en kom net vir noodgevalle in.

Lekker middag almal, en sorry oor my gesanik oor snert!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #125005 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek hoop so jong! Ek kry pyne laag op my maag (net so bo my pantylyn) en dan trek dit in my rug ook, maar dit gaan weer weg. So ek hoop maar sterk dit gebeur voor Dond. Lyk my ons babas is baie moedswillig en vat en los heeltyd!

So ek is 'geboek' moet Dond oggend 6uur
by die hospitaal wees dan sal dr kyk of induksie gaan werk. So nog 3dae! (Ek kan seker ook nou begin aftel want nou het ek ook n datum!)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124771 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, daai lae rugpyn klink vir my net so belowend!
Ek glo dit gaan voor Donderdag gebeur. :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124754 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Janine ons het besluit om Dond die induksie te doen, gaan nou nou dr toe om te hoor of hul my kan boek. As die dr vandag in was het ek dit vandag gedoen hoor. Al wat vir my so sad is is dat ek nou so lank gewag het en nou gaan ek anyway opgee en die induksie vat, voel of ek ge'fail' het :(

As dit sterk kontraksies is is dit n baie goeie teken! Ek hoop regtig dit kom nader aan mekaar. Hoe voel jou rug? My lae rug is vrek seer.

Ralmarie shoe kan nie glo hy is al n maand oud nie he! Bly hy drink en slaap so goed

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124752 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Janine dinge klink belowend. Ek hou duime vas. :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124739 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Vanoggend 01h00 wakker geword met 'n sterk kontraksie, deur die nag nog so elke paar uur en vanoggend nog steeds langer as half uur uitmekaar, so glad nie 'n roetine nie, maar dis darem al beter as niks ne?

Gerne, moet nou nou bel om te hoor of ek vandag of more moet ingaan vir afspraak, maar sy't Vrydag gesê ons gee kans tot more anders induksie seker Woensdag of Donderdag. Hoop wraggies dinge gebeur vanself!

Okay, lekker dag.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124715 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal

Ons het lekker geslaap, Andre het eers 3 uur se kant gedrink en toe weer vanoggend 7 uur. Verder gaan dit goed by ons.

Petro, jammer ek weet niks van uitmelk nie, maar soos Gerne se dit klink logies dat jy genoeg sal produseer as jy genoeg uitmelk.

Andre was Saterdag 'n maand en het 1 kg opgetel. Weet nie hoeveel hul moet optel nie.

Sterkte vir jul 3 pensies.

Loer later weer in.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account