file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #124651 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Julle 3 pregnant fairies het my verkeerd verstaan, ek het bedoel 30 Oktober en nie 30 November nie.LOL
Maar eintlik wil ek se sterkte, dink nie dis maklik nie.
Hoe hou julle die hitte uit?

Anina dit klink na 'n oulike plek. Ons moet definitief gaan kyk.

Christa bly dit gaan goed. Daai slapie klink lekker.

Elaine bly jul naby Danie hulle? (Skande ons was nog ie eens by jul nie.)

Julle ek het al weer lus om my hare te sny. Dink ek gaan ook. Dis net te warm met die langhare.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124647 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo dames! Ek en Maré het bietjie lekker geslapies! Pappa het pc games gespeel toe le ons sommer al2 op ons bed. Anina dit klink lekker by Irene mall! Dalk moet ons Jan daar kuier, dan het die kids vermaak. Enige weeksdag sal my pas. So waar is Janine?!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124645 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, Irene Mall is nogal baie nice. Ons bly in Pierre van Ryneveld so kom nogal gereeld daar, maar was nogal lanklaas daar dat die kinders kan gaan speel.
Waar bly julle?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124642 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle, skuus ek het inklok tyd gemis! Maar dis nie omdat daar enige nuus is nie, net omdat ons bietjie uit was. Ek was nie vanoggend lus vir by die huis sit nie, toe is ons gou na vriende toe en het toe by die Irene mall gaan eet.

Dit was die eerste keer wat ons by die Irene mall was, en dis soooooooo cool! Vir die wat nog nie daar was nie, daar is 'n stuk oop teels (non slip) met spuit fonteintjies op waarin die kinders baljaar. Die mense bring sommer hulle kids met swemklere en al daar aan, dan sit jy rustig en eet terwyl die kinders in die fonteine baljaar. Stefan het dit gate uit geniet, en die mense om ons het hom gate uit geniet!!

Ek dink as daar 'n kinder hemel was, was dit die plek. Die ongelooflikste is dat die kids nie kan verdrink nie want die water loop net op die grond nie in 'n dammetjie nie, en hulle hardloop nie weg van die water af nie. Ons kon rustig sit en eet en onsself vergaap aan hoe baie ons kind dit geniet sonder om een keer agter hom aan te hardloop. Daai plek sien ons defnitief weer.

Volgende keer sal ons net meer voorbereid wees en 'n handdoek in die doeksak sit, Johan moes gou my handdoek uit my hospitaal tas uit gaan haal. Gelukkig is die hospitaal tassies darem in die kar...


En ja, Yipee vir die SHARKS!!! Hulle het so mooi gespeel dat selfs my man ('n bul) die game geniet het!

Lekker dag almal. As Claudia vannaand / more kom, verjaar sy saam met Johan se boetie. November is vir ons vol familie verjaarsdae.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124634 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Well done Sharks!

ok, so Ruben, Ilse en Claudia is almal nog lekker in julle 3 se magies ;)

Riley slaap 'n kishou op die oomblik!

Ons gaan lekker Beef roll en groente maak, njammie!

Enige datum in Jan sal my pas, ek het nog niks aan waarvan ek weet nie ;)

Ok, loer later weer in, dalk het oets gebeur! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124629 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal! Geluk aan die Sharks ondersteuners! Gerne julle moet veilig ry. Lekker rus by die huis! Anina en Janine julle het inklok tyd gemis. Enige nuus? Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124628 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi!

41 weke swanger... Hoop ek't teen more meer nuus!

Veilig terug ry Gerne en lekker dag vir julle almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account