file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #124512 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Gits Gerne, dit is erg om so daaraan te dink - ons is wraggies al amper die hele 2010 swanger!

Okay, so het inwendig en als gedoen - koppie sit verskriklik laag, sag en reeds verdun, 1 cm ontsluit. Volgens midwife is kans goed vir die volgende 2-3 dae... So stap, stap, stap om verder te ontsluit - anders induksie volgende week.

Gaan dalk nie so gereeld inloer die naweek nie, maar sal sms wanneer daar aksie is! :)

Lekker aand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124511 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dis die wonderlikste ding ooit! Hi Janine wat sê die dr?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124486 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja jong dis maar n groot aanpassing as hulle so klein is, dit het my regtig n jaar gevat voor ek gewoond was aan die vroeg opstaan en min slaap, ons is maar jonk so ons het ons inle gemis :)
En nou is dit nog erge, ekt regtig meer slaap ingekry toe hy n baba was want H slaap net n uur in die dag en daar is niks wat j kan doen as j wil n middag slapie vang en hy nie :)

Maar ja, soos jy se mens verruil dit vir niks. Joune is regtig n wonderwerkie en ek dink julle is seker nou baie bly dit het gebeur!!!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124475 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag te lekker Gerne! Wonder of ek ooit weer genoeg gaan slaap?! Hierdie ou engeltjie hou mamma goed uit die slaap. Maar om hom te he sal ek more weer deur die hele proses gaan. Hy is ons ou wonderwerkie! Ek gaan kyk of ek nie ñ skoen patroon kan kry nie, dan maak ek Maré se skoentjies saam met sy doop pakkie. Ek wil hom spierwit aantrek. Dalk met ñ flentertjie blou iewers. Dalk ñ ligblou kragie en cuffs vir die moue en broekspypies. Gerne dit klink asof al ñ hele jaar swanger is! LOL!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124467 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Mensies ekt nou net gesien - ons is nou in week 43 van die jaar - waarvan ek 40 weke swanger was OMW so ek was nog net 2weke nie swanger nie
Dis darem baie erg!!! LOL

Janine kan nie wag om te hoor hoe dit gegaan het nie

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124462 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Shoe julle ek is op n erge slow go vandag! Nou net eers my pj's uitgetrek - sleg ek weet LOL Die dag wil net nie omgaan nie, ekt slaap ingehaal van die hele week :)

Dankie vir al die raad, hy drink darem water wil net nie eet nie.

Anina ja die tande is n ander storie, kan nie glo ons pak dit weer aan nie ne! Geluk met die nuwe tand!
Lekker amprelike kraamverlof!!! Nou moet die kraam net kom!

Ek het 2 paartjies skoene wat ek gekry het vir H se doop so ek is gesort. Maar jis julle daai oop pakkie wat ek gewen het weet ek nie of dit gaan pas nie, dit lyk vreeslik klein.
Ons het Henko eers op 6mnde ingeseen maar sal baie vroeer as ons die pakkie met R wil gebruik :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124456 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina geniet die kraamverlof! Eindelik! Ek het sommer ñ sterilisasie saam met die keiser laat doen. Dus geen kommer by ons nie! Ons het die mooiste paar sagte leerskoentjies by Baby Boom gesien, maar dit kos R200! Dis een of ander ontwerper skoene vir babas. Die prys is egter belaglik! Lekker naweek almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account