file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #124276 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, ek dink dinge gebeur so gou en soos dit moet met geboorte, ek glo al is j cervix kliphard en j gaan in kraam sal dit sag word en reg uitdraai. Ek glo so! Met H het ek induksie gehad op 40weke, my cervix was hard en hoog en hy het nog nie gesak nie maar het dinge wonderbaarlik uitgewerk!

Christa - geluk met daai eerste smile!!! Nice man, laat mens se hart sommer warm voel ne :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124258 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Christa, dit klink soos dood normale cradle cap. Dis baie algemeen en nie iets wat jy verkeerd gedoen het nie. Smeer gewone Olyf olie aan, ek sit dit so 4 uur die middag op. Dan kam jy die droee velletjies net voor bad tyd (so 2 tot 3 ure na aanwending)af met 'n kammetjie of 'n kredietkaart werk ook goed.

Ek het alles probeer met Stefan tot my sussie vir my die Olyf olie raad gegee het, toe is dit binne 3 dae heeltemal weg en het nie weer terug gekom nie.

Ai tog Janine, ek het nou gedink jy sal ons verras vanoggend... Sterkte met jou afspraak, hoop alles lyk nog goed, en goed vir 'n spoedige geboorte!

Gerne, ja ek weet ek het gese ek wag tot 10 Nov, en ek doen. Maar ek kan nie help om agter te kom dat dinge regtig begin verander in my lyf nie... Dis net die vreeslike onryp serviks wat my pla, ek sou graag wou gehad het dit moet ryper word, hoe ryper hoe makliker is kraam... In fact, sussie sit so laag, eks bang sy breek my water voor my serviks gereed is. Weet nie of dit moontlik is nie, maar ek wil nie kanse vat nie.

Petro, ek skree saam met jou! Go SHARKS!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124257 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie Janine, ek sal dit probeer. Ek wonder net wat veroorsaak dit? Petro bly dit gaan goed! Ek is nog steeds 7uur in die aand stokflou. Die huilerigheid is darem nou oor. Dis maar bietjie blues agv die hormone. Gelukkig gaan dit darem oor! Julle my sus het my ñ boek geleen oor baba en kind ontwikkeling wat verduidelik hoe om wat te stimuleer. Die boek se naam is Jy en jou kind. Dis regtig oulik. O ja, Maré het gister vir mamma sy eerste glimlaggie gegee! Dis te pragtig! Ek wil hom net op soen!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124253 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, klink vir my ook soos cradle cap, dit kan nogal sleg wees. Los eers bietjie die shampoo vir so wekie en smeer lekker babaolie aan en masjeer in sy koppie dan kam jy dit later, jy sal later sien dit kom so af met die borsel (kam in die teenoorgestelde rigting). Dit sal gou weggaan, hou dit maar net dop en smeer olie as dit lyk of dit wil terug kom.

Janine, geniet j afspraak en laat weet asb hoe dit gegaan het. As jy die s&s doen kan jy dalk vanaand of more vir ilse vashou!!!
Ek voel nou weer om heeltyd te kuier LOL net dat mense my kan help my mind van die geboorte afhou :)

Petro watse maak shields het j gekoop? Ek bly vergeet om te kry. Hoor avent is baie nice. Het j nie bietjie blues nie? Jy moet mooi na jouself kyk ne

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124217 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Christa - dit klink vir my soos cradle crap (glo baie algemeen) het gelees dit help om baba olie in die kopvelletjie in te masseer, vir paar ure te los en dan met borseltjie die los velletjies saggies uit te kam. Hoop dit help!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124216 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

elise ek het my aangewend tot jou nippel shield raad -want hel dis seer as boeta drink sonder dit - nou gaan dit sommer baie beter. !!

Ek weet nie van julle ni maar is deur die dag fine en dan so 7hr slat die moegheid my erg in die aand en ek raak sommer tjankerig !!! ek was seker die hormone sou nou al gesettle het - maar nou ja seker nog nie

my fam kom vandag - sien baie uit !! gaan lekker naweek kuier en rugby geniet saterdag - go SHARKS !!!

ok almal - lekker dag - anina, gerne en Janine - gee elkeen 'n lkr harde druk - oktober is amper verby !!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124211 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More Moomies! Bly dit gaan nog goed met almal! Ek sien ons wag nog! Carmen Riley is pragtig! ñ Regte pienk prinses! Barbs ek bly in Klerksdorp en was by Elsabé Hayward vir geboorteklasse. Ek sal haar enige tyd aanbeveel! Sy is op Anncron se perseel. As jy wil borsvoed is sy die een na wie toe jy wil gaan. Carmen die klomp is reg! Jy gaan nie die gewig in ñ oogwink verloor nie. Gerne se mikpunt vir ñ jaar is realisties. So ontspan en geniet vir Riley! Ralmarie jou kleingoed is darem pragtig! Charlaine ek dink in die grootmens wereld tel ouderdom nie meer nie. Dis volwassenheid wat saak maak. Ek werk saam met ñ man wat so oud soos ek is, maar soos ñ tiener optree, en hy sal NOOIT grootword nie! Shame Anina, jy klink erg ongemaklik! Een troos! VANDAG IS JOU LAASTE WERKSDAG!!! Toemaar Anina, Gerne en Janine - Claudia, Ruben en Ilse gaan die wag werd wees! Deur en deur! Waar is Helene en Annalize? Hulle is bitter stil! Ek soek bietjie raad asseblief. Maré se kopvel is vol droë velletjies. Wat is dit? Wat veroorsaak dit en hoe behandel mens dit? Ek gebruik Elizabeth Anne's se spesiale sjampoe, die pienk pomp bottel. Kan dit dit wees? Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account