file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #124208 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle almal!

Ja, ja, ek's wraggies nog hier. Sorry Anina - net geslaap, niks gekraam. :)

Okay, so ek's vandag due date + 5 dae... Gaan bietjie later weer vir afspraak, sal laat weet, maar ek dink die s&s is nou defnitief 'n opsie.

Gerne, as jy rustig voel oor Middelburg toe ry, dan sê ek ry! Die afwisseling kan mens net goed doen, en dis immers nie so vêr dat jy nie betyds by die hospitaal gaan uitkom nie.

Ek's nou weer heel anti vriende en familie op die stadium - wil sommer niemand sien tot Ilse hier is nie (maar my skoonma-hulle kom die naweek Pta toe, so ek weet nie hoe gaan ek daar verby kom nie - o nee wag ek weet - sal moet kraam voor môre!! :laugh: )

Geniet jou laasste werksdaggie Anina!

Riley is absoluut pragtig Carmen - ek soek ook nou my pienk bondeltjie!

En ek stem ook saam met al die ander Ralmarie - jou kindertjies is regtig 'n blessing! Die foto lyk so mooi afgerond met die twee boeties aan die kant en drie sussies in die middel.

Okay, lekker daggie vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124204 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More more

Ek le nog in die bed, ek is baie lui vanoggend :) Ekt baie beter geslaap gisteraand - yay!

Anina - onthou jy het mos nou gese jy gaan wag tot 10 Nov vir sussie sodat jy verras kan wees as sy vroeer kom ;)

Hoe gaan dit met al die babatjies? Almal darem rus gekry gisternag?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124185 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine, jy is mos in ons Nov groepie ook. Ek hoop nog steeds my babatjie gaan eerder 'n Okt baba wees, maar dan moet sy nou kom.

Barbs, hoekom join jy nie ook ons Nov groepie nie? Hulle is bietjie stiller as die Okt groepie, maar dis net omdat daar minder mense is. As ons bietjie meer mense is sal daar meer gechat word.

Claudia het darem nou nou bietjie beweeg toe ek gebad het, en maak nog nou en dan klein bewegingtjies, so ek dink nie ek hoef meer daaroor te worry nie. Hopelik raak sy net stil omdat sy wil uitkom...

Gerne, ek hoop jy het toe darem lekker geslaap.

Janine, ek hoop jy het glad nie geslaap nie, ek hoop jy het gekraam!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124176 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek is wel nou nie 'n Oktober mammie nie, maar ek is seker ek sal 'n November mammie wees.
Ek gaan Dinsdag ginekoloog toe dan sal ek kom update wat gaan vir wat.

Ek wil eintlik net se as julle 'n kuier in Januarie reel, moet julle my ook onthou. Ons bly in Pierre van Ryneveld, so nie ver van Centurion nie.

O, ja, ek en Ralmarie is familie. Ek is met haar oom getroud...... :laugh: So ek is eintlik haar tannie, maar is jonger as sy :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124158 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal

Nog geen nuus hier nie. Ek het regtig gehoop gister se ongemak sou vir sussie uit help maar dit lyk my sy wil he ek moet nog eers klaar werk. Gelukkig het ek goed geslaap. Ek is net bietjie geworry oor sussie baie stil is van gister af. Sal die bewegings tel vanoggend en kliniek toe gaan as dit te min is.

Hoop almal het n heerlike dag saam met jul kleingoed.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124154 by barbs
Replied by barbs on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle almal!
Sjoe, maar julle het n lekr groepie hier- regte 'kletskamer!'.
Ek is 32 wke swanger met ons 1e kaboutertjie, en regtig baie opgewonde, en vrekbenoud!!!
Jamr dat ek so inbars, maar sien dat van julle in Klerksdorp/Potch woon? Ek woon naby Lichtenburg, en gaan in die Anncron kraam. Eks opsoek na iemand wat vir ons voorgeboorteklasse kan gee in die omgewing. Weet jul dalk van iemand? My dr het n suster by Anncron voorgestel, maar syt ons afspraak gemis, en nie eens gelyk of dit ha pla nie- al het ons gery daarvoor- net gese ons moet ha weer kontak... En ek voel nie besonder gemaklik by haar nie!
So ek sal bly wees as iemand kan help- sal Potch toe ry!

Sterkte vir julle almal- hoop daai babatjies kom nou vinnig aan!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124145 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, dink hoe nice sou dit gewees het as ons mans kon voel waar sit baba nou :) ek dink alle mans moet n kursus doen om te 'voel' dan kan hul elke dag vir ons se wat gaan aan ;)

Ralmarie, ek is mal oor j ticker foto - wow ne!!! Daai is n muur foto, julle is n baie geseende familie

Janine - sien j more j dr?

Ek het nou warm melkies gedrink, al my pilletjies en gaan bietjie lees, dan is dit doedoe tyd - and tonight I mean business, ek gaan soos n klip slaap - klaar!!!

Goodnight almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account