file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #124400 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
o hel julle laat my nou worrie oops ons het nie geweet van die 6weke ding nie julle moes my vroer gese het oops!!!!!!!!!!!!!

christa ek dink die beste plek is die plaza om sulke goedjies te kry of jy kan dalk by tuisnywerhede kyk baie van hulle verkoop ook doop goedjies ek weet ons het 2 plek wat dit verkoop maar het niks waarvan ons hou nie. ja nee s is die selfde of sy wil slaap as sy moet bad en ek moet darem se die bad is nou beter sy huil nou nie meer as jy haar bad nie sy geniet dit vreeslik, ons is nou slim ons sit my dry buddy in die kamer aan voor ons haar bad dan maak dit die kamer lekker warm dan kry sy nie so koud as ons haar uit haal nie sy kry nog baie vinnig koud. ek sukkel ook as s te lank wakker was om haar te kry om weer te slaap maar so paar susse en sy is weg droomland toe

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124396 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Glo my, hierdie swangerskap was reeds te vinnig na die eerste een! Stefan was maar 8 maande oud toe ek uitvind ek is weer swanger. Ek was net vir 7 maande nie swanger nie!! So bly maar weg van enige in house entertainment af vir daai eerste 6 weke en maak seker julle gebruik iets as jy nie daarna weer gou wil swanger raak nie. Ons het so ewe kondome gebruik, maar blykbaar is dit ook nie fool proof nie!

Ek gaan 1 uur huis toe!!!!!! Dan is ek op kraamverlof!!! Yipee!

Ek gaan sommer net lekker rus vanmiddag en ek dink pizzas en 'n lekker dvd klink na 'n goeie plan vir vannaand. Gelukkig gaan slaap my seuntjie maklik.

Vanoggend toe ek Stefan se tande borsel (al 5 van hulle...) toe steek ek vir interessantheid my vinger in sy mond, en julle sal dit nie glo nie, die klein klits het 'n kiestand gesny! Ek het gewonder wat aangaan, want na ons maagkrampe Maandag aand, het hy nogsteeds vieslike doeke die heel week lank. Arme Paulina ruil omtrent 6 poef doeke elke dag, gewoonlik het hy hoogstens 2. En ek check nog elke dag of die 6 de snytandjie nie uit is nie, maar lyk my die ou doen dinge op sy eie manier en volg nie die normale volgorde van tande kry nie.

Lekker naweek almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124385 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise Checkers het die mooiste spierwit satyn skoentjies vir dogtertjies! Hulle is so lekker sag! Ek soek nou al hoe lank skoentjies vir Maré vir die doop. Dit moet wit wees. Het enige iemand dalk erens so iets gesien? Elise Maré wil ook nie in die dag slaap nie. Hy en klaasvakie veg elke keer! Dan is hy in die aande so moeg dat ek sukkel om hom te laat slaap. Maar as hy slaap, slaap hy baie goed! Ek sal die olyfolhe probeer, dankie! Janine ek stem saam! 2 kids in 1 jaar? Nee dankie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124369 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Afspraak na vanmiddag geskuif oor ander geboorte vanoggend - sal laat weet...

Oor die 6 weke ding, die kans is regtig groot. Weet van vroutjie wat by haar 6 weke ondersoek reeds weer 2 weke swanger was!!! :huh: Dink wraggies mens se lyf moet eers bietjie herstel!

Okay, loer na die afspraak weer in.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124355 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
gerne ek het ook n keiser gehad maar ek kry nog so nou en dan ietsie maar glo dit sal reg kom op sy eie

christa ek sal verseker kom spog daar mee ek kan nie wag om hom te gaan koop nie en pappa wil vir haar skoentjies ook koop om saam met dit te gaan en s hou niks van skoen nie so ons sal sien hoe dit gaan uit draai

carmen sy sal een van die dae so wakker wees soos s en m dan wil hulle net gesels en dan is slaap in die dag mos vir klein babatjies of hoe christa? s wil net gesels in die dag sy baklei vreeslik met die slaap net sy sal weet hoekom maar nou ja as sy dan gaan slaap doen doedoe sy n harde hou

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124348 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie vir die raad dames! Gerne as jy onseker is, vat Luke liewer veearts toe. As dit bosluiskoors of katgriep is, kan hulle gered word as dit vroeg behandel word. Drink hy darem water? Terloops jy kan sy temp by sy lies voel. Hulle temp is min of meer soos ons sin. Ek voel altyd sommer met my hand. Hoop nie dis iets ernstig nie! Sterkte! Carmen bly jy geniet jou prinses so! Elise jy moet Samantha se rokkie kom wys!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #124341 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, ek het ook al gehoor dat mens in die eerste 6 weke nogal maklik swanger raak. En ek dink nie mens se lyf is regtig gemaak vir 'n swangerskap so vinnig na die vorige een nie. So ja, bly maar weg die eerste rukkie...
Dis tien teen een agv jou keiser wat jy so vinnig opgehou bloei het, baie dokters maak bietjie skoon daar terwyl hulle vir baba uithaal. Maar met 'n normale geboorte moet alles maar self uitkom.
Eks bly klein R is so soet. Dis darem maar lekker ne! Een van die dae...

Janine, jy moet laat weet hoe jou afspraak was hoor!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account