file Oktober mammies 2010

16 years 1 week ago #114814 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Die romantiese ete... Die hospitaal gee die aand voor jy huis toe gaan vir jou en jou man 'n ete met sjampanje en kerse... Hulle vat baba vir 'n tydjie, dan kan julle lekker eet en gesels. Dit gebeur so 6uur, (voor besoektyd)

Ek ht 14dae met lance gevoed. Ht mastitus gekry, en was net te oorweldig met die geboorte en elle skete wat daarmee saamgaan. Met lance het ek alle newe effekte gekry waaran jy kan dink! Toe hy op bottel gaan, kon ek weer funksioneer.

Dank die Here dit IS regtig soos almal se, dit gaan die 2de keer makliker. Ek sit hier en se die heeldag dankie dat alles so goed gaan! By die huis sal dit 'n ander storie wees, want lance sal heeltyd met alles wil help ens...maar dit sal ons hanteer soos dit kom.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114807 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
hi christa, bly om te sien jy kry darem 'n tydjie vir ons. dit is darem maar 'n voorreg om 'n mamma te wees.

ek het vergeet om te vertel van my afspraak gister. was by my vroedvrou en alles lyk reg. sy reken giovanni het 'n groot kop. eina... het darem nie 'n internal gedoen soos ek gevrees het nie en gese dit is volgende week se afpraak se probleem. ek het vir haar gese dat ek haar weer sal sien as ek in kraam gaan. sy het nie gedink ek is snaaks nie.

het nou net provitas met bovril opgeeet en voel effens beter.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114802 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, sterkte met die voed! Ek is sommer al klaar honger, ek hoef nie eers te wag tot ek borsvoed nie. Kyk maar of jy vir Stefan bietjie in die lig kan kry. My ma se hulle het met hulle babas op die stoep gesit in die son sodat ons nie geelsig kry nie.

Gerne, toe ek by die stables gewerk het, het ons almal elke 6 maande ontwurm as ons die perde ontwurm. Hulle beweer dat 80% van SA se populasie rondewurms het (vieslike feite wat Gr 8 biologie onnies leer...) dit was ook ronderwurms wat by ons puppy uitgekom het. Hul eiers is so klein soos stof, so mens sal nie maklik weet jy kry dit in nie. Blykbaar word dit ook veral in kinders onder 4 gevind wat alles in hulle monde druk. Veral as hulle kleuterskool toe gaan. So dis 'n goeie idee om gereeld te ontwurm...

Rondewurms is gagga, mens weet nie jy het dit nie en dit kan ook longprobleme veroorsaak.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114793 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal! Bly dit gaan so goed met julle! Sarah good luck with the UIF! I am on annual leave for a month and will only claim uif in November. Gerne moes ñ geveg en ñ half gewees het! Jy moet jou oppas met daai waterlek! R besluit dalk hy is lus vir die wereld! Anina ek dink ook dis lae bloeddruk, veral met die papgevoel wat jy het. Dit kan nog met hoofpyn ook gepaardgaan. Eet bietjie sout en asyn tjippies, of drink bietjie marmite soos cupa soup. Dit sal help. Carmen my dr het nie interne ondersoek gedoen voor keiser nie. Dis nie nodig nie. Is buitendhen aaklig! Petro sterkte vir daai wind! Kruip maar in jou aircon studeerkamer weg! Dankie ons sal die babas geniet! Dis amper jou beurt ook! Met die swart poefdoeke en al! Dis wonderlik om ñ mamma te wees! Helene bly jy slaap so lekker en dit gaan so goed met jou en Stefan! Gerne ek is skoon jaloers op daai labrador puppy! Hulle is fantastiese honde! Lieflike temprament, leer maklik en vinnig en is absoluut wonderlik met kinders! Pas net sy gewig op! Hulle kan baie maklik oorgewig raak en dan siek word. Gee net goeie hondekos en gaan stap met hom of leer hom bal speel. Wat is Woef se naam? Lekker dag julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114787 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo almal, jis, ek is kisboude! kan nie glo dat mens so kan voel nie.

anina, ek wil ook graag 'n sonar masjien he of 'n venstertjie soos ons moomie mammas aan die begin gesels het. ek is bly jou kleinding het gedraai.

helene, bly dit gaan goed met jou en dat jy beter voel. dankie vir die opmerking dat 2de baba makliker is. nou is ek so klein bietjie meer gerus. vertel bietjie meer van die romantiese ete? ek is nou vreeslik nuuskierig.

sarah - good luck with your uif.

gerne, jy het my nou lekker laat lag. hoop jou dag is beter as gisteraand. geniet die nuwe hondljie. ek wil graag vir Gianluca ook een kry, maar sal so bietjie vasbyt in lig van die feit dat ons reeds 3 honde het.

ai julle, geniet die dag. ek oorweeg dit om 'n rooi bul te drink net om weer normaal te voel. ja ja ek weet en ek sal nie, mens mag seker maar droom ne?

praat later. "gaaaaaaap".....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114783 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Sarah is volgende op +- 16 okt en dan petro, 20ste vir keiser.

Helene, hoe lank het jy L geborsvoed en hoekom het jy gestop?

Hoop S se geel gaan gou weg!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114777 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Nou dat jy dit noem, ai ek wou dit al so lankal al doen. ek is glad nie seker of ons dit kan doen nie.

maar dis goed om wel te doen.

hy is gelukkig ingespuit en ontwurm maar ons sal weer later.

ja hulle tandjies is skerp, henko het vanoggend kom voet wys dat ek moet soen want hy het hom seker bietjie gebyt, toe ek klaar gesoen het se hy "skiesie" en loop toe weer heel tevrede. ag 'n ma se soene kan darem net alles regmaak ne!!! ;)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account