file Oktober mammies 2010

16 years 1 week ago #115171 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

Ek kom loer gou in Samantha slaap nou n bietjie ek is so moeg vanoggend ek kan net om val en slaap sy was baie moeilik gister aand ek dink haar magie is baie hard of sy het krampies want sy huil en kreun omtrent ek voel al so sleg want ek is nog dom weet nie wat om te doen nie

Dit het gister nou so lekker gereen en vandag is dit maar nogsteeds net so blerrie warm

Ek moet gou in die huis in klim voor miss weer wakker word so ek kom loer nou nou weer in sterkte met almal se blues been there done that got the baby!!!!!!!!!!!!lol

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115169 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle
Ek is so bly dit het gisteraand bietjie gereen!

Gerne, bly alles lyk so goed met Ruben, hy gaan ‘n groot seun wees!

Gerne, ekke is nou confused...my EDD is die 28ste en joune die 27ste, my keiser word gedoen op 22 Okt, wat 39 weke is..hoe is die 22ste dan 38,5 weke vir jou? Of is ek nou deurmekaar?? :huh:

Helene, jy moet nou jou tyd geniet by die huis!

Ok, lekker daggie vir julle

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115167 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Die dokter se R het 'n vreeslike groot kop, volgens sy deursnee - 93mm is ek nou 39weke en 6 dae :blink: Maar 9 cm is mos nie so vreeslik groot nie??? Ek dog my kind gaan hierdie bal van 'n kop he maar dis nie so erg nie.

Op 37 weke doen hul eintlik nie 'n intern nie maar het die dokter vir my gekyk om te sien oor die waterlek. dit was so ongemaklik, hy het daai silver oopmaak tool ding gebruik en 'n lig en toe moes ek hoes sodat hy kan kyk of die water drup :ohmy: . gelukkig het dit nie. toe voel hy of ek al ontsluit het en dit was eina. toe vee hy my af :( :( :( Nee hel ek hou nie van sulke goed nie, ek vee daar af en dan kyk ek nie eers daar nie so nee, los my uit :P

Ek gaan weer op 22 Okt, dan 38 en half weke so sal def weer intern dan kry - dit is blykbaar van 38 weke af.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115155 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

lyk my almal voel bietjie olik vandag !!! hoop julle voel vinnig beter - eet 'n choclate

ons praat later weer

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115150 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Shame ek hoop Helene gaan okay wees, sy moet net skree as sy 'blouerig' voel, dat ons kan moed inpraat :)

Anina, ek hoor wat jy se, ek wil ook nou net vir Rubentjie vashou. ek kan nie meer wag nie. ek wil ma wees (ja ek weet ek is een LOL) maar ek het al begin hierdie urge kry vir borsvoed, ek kan nie wag om hom op die bors te sit en daai wonderlike tingeling gevoel te voel nie.
Ek wil daai sagte klein lyfie teen myne sit en hom vertroetel.

Ek is bietjie emosioneel vandag, ek moet ophou so praat, tjank nou weer.

gisteraand toe ek by die dr sit toe dink ek, se nou maar hy neem my nou op, ek gaan vir henko verskriklik mis. toe ek huis toe ry toe raak ek sommer tranerig net om te dink ek gaan my ou kind so mis :)

Ruben weeg nou 3,4 en ons het nog 3 wekies om te gaan. Sien nou die dr die 22ste weer.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115104 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Vanand het ek 'n bietjie blues. Ek dis oordat ek more huis toe gaan. Ek is so b ang om hierdie kleine dingetjie terug na realiteit te neem. Ons lewe is so gejaag. Wens ons het in die ou tyd gewoon waar die vrouens net kind gemaak en groot gemaak het!! (En wasgoed gewas het)

My melk spuit soos water uit 'n tuinslang! Stefan verstik aanmekaar van die sterk vloei.

Ek groet julle eers vir die naweek. Ek wil alle tegnologiese goed af sit en net my gesin by my huis geniet.

Sterkte vir die wat volgende in die ry staan!!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115081 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, eks bly alles lyk nog goed! Daai meneertjie klink groot! Maar ek het al by baie tannies gehoor 'n groot baba word makliker gebore.

Ek was by geboorte maar 2.6 kg (vol term!) en my arme ma het haar dood gesukkel. My boetie was 'n oudtydse 10 pond (so 4 kg) baba en is na 2 kontraksies uit. My ma het 8 uur 'n induksie gekry met boeta en hy is 9 uur gebore! Hy was wel haar 4de kind... maar ek was al die 3de en dit was blykbaar 'n vreeslike moeilike geboorte.

Elise, eks bly dit gaan goed met jou! Moenie oor ons worry nie, jy sal wel later nog baie chat as sussie begin om op haar eie te speel op 'n speel mat.

Sarah, I was also looking at using Little Miracles, like Carmen said, they only charge once. And my sister had no funnies with them when she used them. I haven't looked at any other agencies.

Annalize, bly dit gaan goed met daai Italianertjie van jou ook. Hopelik is jou vlg afspraak 'n kraam afspraak.

Ek het nou nou 'n lelike hoofpyn ontwikkel. Ek is seker dis lae bloeddruk. So ek eet nou maar heeltyd klein happies van ietsies. Ek en Stefan het al 3 appels gedeel vanmiddag, hy is mal daaroor maar met net 5 tande byt hy eintlik net stukkies af. Nou lyk die hele woonkamer asof ons appels gerasper het en dit oral gestrooi het! Ek kan nie glo dat panado's wat gewoonlik NIKS vir my doen nie, nou so goed kan help nie. Ek het so 2 ure uitgehou met die hoofpyn en toe 2 panados gesluk, 'n halfuur later is die hoofpyn sommer amper weg!

Ek kry ook lekker sterk BH vannaand, hoop nie maddam probeer vir my iets se nie... ek wil eers seker wees sy is gedraai voor sy probeer uitklim! Kan nie wag om more vir Meags te sien nie, ek hoop sy confirm dat sussie nou reg le.

Janine, geniet jou midwife afspraak more. Die afsprake is nou so op mekaar, maar dit is darem 'n seker teken dat ons die pylvlak bereik het!

Julle wat nou klaar mammas is (1ste en 2de keer) ek is lekker jaloers. Ek kan nie wag om hierdie prinses vas te hou nie! Tog voel dit vir my nog onwerklik om te dink dis amper sulke tyd.

Lekker aand almal! En dankie Here vir die wonderlike reen wat oor ons val!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account