Hi julle
Hoop die chocolates en fudge het al gehelp vir almal se blues. Ek stem vir daai double thick milkshake en stuk koek!!

(Ek wat my lippe af lek, mmmhhhmmm... )
Alles lyk nog baie goed met Ilse, midwife kan mos ongelukkig nie sonar doen om gewig te bepaal nie, maar haar skatting is so 2.8 kg. En dan.... sy het al behoorlik gesak van laasweek se afspraak af, koppie heeltemal in pelvis, lê glo reg vir aksie! Die midwife hou ewe aan vra wat doen ons vanaand?

Dink darem nie dit sal al vanaand wees nie, sy sê as die koppie gesak het kan dit net 'n paar uur of selfs nog 'n week wees - geen vaste reël nie. Begin nou skoon butterflies kry!
Ag en beleef dit, ek het mos 'n pedi afspraak gehad vir vanmiddag, toe stamp ek wraggies 'n uur voor die afspraak my groot toon nerf af stukkend en dat die nael sommer skeur! Moes toe maar die afspraak skuif, dink darem teen Maandag gaan dit nie meer so sensitief wees nie, dan kan ek nog my bederf geniet.
Het nou eers die koppie deursnee gegoogle Gerne, voltermyn is glo gemiddeld so 9.5 mm, so R s'n is dan mos normaal. Dink nie jy moet jou daaraan steur nie.
Dankie vir Kayla se fototjie - te pragtig!
Lekker middag en naweek vir julle almal!