file Oktober mammies 2010

16 years 2 weeks ago #113933 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
dankie gerne. ag tog helene, hy is absoluut pragtig. en ouboet lyk soo trots. ai geniet elke oomblik.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113925 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
more mammas, ek het vanmiddag 'n roetine afspraak by my vroedvrou. ek is nogal bang, want sy het met gianluca hierdie tyd al begin voel of my serviks nog in plek is en dit is vrek eina.

bly om te hoor jy het lekker geslaap petro, my rug is af as ek soggens opstaan.

anina, giovanni was ook omgedraai - pragtige fotos gekry - maar toe ek 'n week later vir my cosmetic scan gaan was hy reggedraai. die natuur sal sorg.

hey julle, dat ek sien of ek myself nie besig kan hou met iets konstruktiefs nie. miskien moet ek 'n kas regpak - wag ek dink ek sal my hospitaalsak doen. wat pak mens nou weer in? pajamas, klere om mee huis toe te gaan en toiletries?

lekker dag almal, praat weer later.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113918 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Uiteindelik 'n foto! Helene het gevra ek moet dit vir julle oplaai! Hy is so pragtig.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113908 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More girls

Ja ek hoop ons hoor gou van Melody, dis nie lekker om so te wonder nie, wil net weet als is okay.

En Nelita natuurlik!!!

Anina, ek dink aan jou en bid vir jou maar glo dit sal uitwerk. Ek het gehoor mens moet met jou bene in die lug le (die matras onder oplig) sodat baba kan omdraai. hoe waar dit is weet ek nie. Ek glo sy sal nog draai man, daar is eintlik nog baie tyd. Moet nou nie jouself opstress en te veel tekere gaan met jou lyfie nie, dalk draai sy nog self. Sterkte girl en hou ons asb op hoogte.

Ek het baie goed geslaap gisteraand, sommer vroeg al so ek voel okay. net nog lekker dik geslaap :)

Shoe Lily, jy was baie wakker ne, ag ten minste as baba hier is is jy gewoond aan so wakker wees ne :blink:

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113896 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Nelita, dis nou net na agt, so jy's al in teater!!! Sterkte, dink aan jou!

Nog steeds nie nuus van Melody af nie?

Petro, lekker vir die 14 slapies oor! Ek beny jou goeie nagrus jong. Ek was al weer wakker van net na 24hr tot amper 03h00! Is seker mens slaap wel so bietjie tussen in, maar die gerond rol is darem erg. En klokslag ses uur gaan my ingeboude alarm af so ek's al klaar op drie uurlikse slaapsessies. :laugh:

Anina, bid saam met jou dat sy wel weer draai, dit klink minstens positief as daar nog genoeg vrugwater is. Die spinning babies website het die meeste tegnieke waarvan ek weet. Dan het ek ook al gehoor van 'n boereraad om iets koud soos 'n gevriesde gelpack net onder jou diafragma te hou vir so 5-10 minute terwyl jy staan of regop sit, baba probeer dan glo om koppie weg te kry van die koue af en draai om. Weet wraggies nie of dit wel werk nie, maar dis worth a try... Bly sy groei so mooi, jy't mos juis ook gesê jy hoop sy weeg darem meer as 2.5kg.

Lekker daggie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113886 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
more mammas

sjo anina - hou net moed - ek is seker sy sal binnekort weer terugdraai. hou net aan glo dat as jy weer gine toe gaan sy sommer reg sal le en moenie nou eers dink aan ander opsies nie - onthou net GOD IS GOOD
Ten minste het sussa al bietjie lyf gekry

julle ek het so lekker vir 'n pregnant persoon geslaap gisteraanr - ek dink ek was oormoeg , laaste paar aande sleg geslaap en was gister heeldag op my voete. so net een keer gaan pieps en verder was ek morsdood

ek het nog volgende week oor om te werk. Hulle kom gelukkig die week my aircon in my studeerkamer in my huis insit - ek kan nie meer wag nie !!! want dis hond warm - CARMEN - ek voel jou pyn.

Nelita sterlte

Hoop als gaan goed met Melody en Helene. En natuurlik ons twee ou hande Elise en Christa

O ja - amptelik vandag oor 2 weke !!!! NOG net 14 slapies

lekker dag julle - hoop dis 'n awesome dag

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113885 by stella

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account