file Oktober mammies 2010

16 years 2 weeks ago #113843 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle, ons was nou nou by die gyni. Claudia weeg so 2.5 kg, so sy het lekker gewig opgetel, 3 weke terug was sy maar 1.8.

Maar, sy le nou met haar koppie boontoe! No wonder ek voel nie drukking onder die afgelope tyd nie. Die dokter het haar probeer draai maar sy wou niks weet nie. Nou is ek en sy erg ongemaklik na al die manipulasies. Die dokter het gese daar is nog baie vrugwater so sy kan nog draai, maar ons sal oor twee weke kyk. As sy dan (37 weke) nog verkeerd le moet ons die ander opsies oorweeg.

Ek is vreeslik mismoedig hieroor. Ek het al op 16 weke die hypnobirthing kursus gedoen en is regtig voorbereid op my droom normale geboorte. Ek doen soos in daagliks my oefeninge en was sooooo opgewonde. Nou wil ek net huil!!!

Bid asb dat sy sal draai, ek gaan alles doen om dit aan te help, enige raad is welkom! Ek kyk tans op spinnngbabies.com om te kyk wat ek kan doen om te help dat sussie draai.

Nelitia, sterkte vir more!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113817 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
hi sarah, my son was at a day mother in pta east - moreleta park and the going rate seems to be R1050.00 per child plus a fee to the day mother association. The day mother provides breakfast and lunch. The parent then supplies the nappies, bum cream, wipes etc and a snack for lunch and a juice. hope this helps.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113814 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo mammas en baie geluk aan helene!!!! ooo... nelita, more is dit jy.

wel, ek is eindelik op kraamverlof en nou maak my man my mal. "can i ask you a favour.... can i ask you a favour...." ek het nou nou net op hom geskree en vir hom gese ek is nie sy blerrie secretary nie. ai! skies, maar moes nou eers stoom afblaas.

wel dames, ek is bedonnerd soos tien en is baie dankbaar om julle wonderlike meisies te he wat my afleiding bied. my lewe draai om drie volbloed italianers en my kind en party dae word dit net te freaking veel.

my man se kliente is hier van bologna en gaan hy vannaand, more aand en woensdag aand moet entertain terwyl ek saam met die ander itas by die huis kuier. lekker, ek sal moet sorg vir kos en hulle is so vol fiemies. vannaand is dit vark tjops, mielies en spinasie.... hehehe... lekker boerekos vir die pasta manne.

so wat is nuus meisies? hoe voel daardie lyfies? my rug voel of hy afbreek en het ek nie eers krag om my eersteling op te tel nie.

vandag is darem al die 5de so het nog so 18 dae oor voor d-day. ek hoop maar my seuntjie kom bietjie vroeer.

wel lekker aand. ek chat weer later. skies vir al die moan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113811 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
O ja!!

Sterkte met alles more Nelita!!! Ons wag in spanning :-) :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113801 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Wow Christa, well done met die gewig verloor! :)

Petro, lus maak jy my nou vi fudge! :P

Mensig, maar ekke kry sooo warm! En 'n waaier help net regtig niks nie...le hier op die bank en sweet :S

Nope, nog niks van Melody nie, ekke het haar bietjie op FB gaan prompt!!

Gaan more bietjie vir 'n facial en pedicure...en glo my, my voete het dit nodig!!

Het darem nie vandag geswelde voete nie...maar ekke is lekker moeg hoor! Alles voel vir my na 'n moerse effort!! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113793 by Sarah
Replied by Sarah on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello mommies

My feet are sore...battling with swelling that just won't go down. I don't think the job will work out...jut have a gut feel that its not 100% right for me right now. Ah well.

What do day moms in Pretoria East charge does anyone know?

sarahashwell.weebly.com

Professional Nanny, Qualified Teacher, Post Natal Doula and Mommy (Oct 2010)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #113791 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ahhhh Sterkte Nelita!!!! Ek dink aan jou hoor. Dalk as julle hom sien sal julle weet wie hy is ;)

Sal jy ons laat weet asb. Dis so exciting !

Ek het vir Helene gevra vir 'n fototjie as sy 'n kansie kry maar dalk rus sy nog bietjie. as ek iets kry sal ek oplaai.

Julle moet almal 'n lekker aandjie he.

Carmen, jy moet nie so stil wees nie, jy le seker net daar op die bed :P

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account