file Oktober mammies 2010

16 years 4 weeks ago #110151 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek het gewik en weeg oor n beanie maar het toe nie een gekoop nie, ek dink regtig nie dis nodig nie (maar onthou dis my opinie)

Carmen even 1 gaan genoeg wees, dit word mos nie regtiig vuil nie en baba gaan nie so sweet dat hy vuil gaan word nie.
Ek voel net dat mens hul so lekker styf toedraai met die receiver en dan gebruik mens mos nog n warm blankie onder hom wat oor as genoeg is. Jy kan even die bersie net so onder sy kop sit.

Ja ek worry ook oor Ralmarie dis hoekom ek maar so inloer - nie dat ek dink sy gaan eerste inlog om gou vir ons te vertel as haar water gebreek het nie :) lol.

Ag jis my tannie wou vir henko saam gevat het Wollies toe vir die week toe se my man NEE. Ek weet dit sou erg gewees het maar jis dit sou my so baie gehelp het. Ek sukkel regtig nou baie en die klein rakker iis n handvol en mamma se krag is op. My man sal moet besef dat hy hom een of ander tyd bietjie skiet moet gee.

We'll ek gaan nou le en lees en slaap!

Tata lekker nagrus almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #110135 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Sien die heelnaweek was stil tot vanoggend toe, en vandag gesels julle weer 'n hond uit 'n bos uit! :laugh: Hoop almal het heerlik gerus die langnaweek!

Ek dink so baie aan Ralmarie vandag, moes net kom loer of daar nie al verwikkelinge was nie... Dit klink my verseker of Ralmarie en Sarah vir Helene gaan voorspring.

Ek's so jammer oor julle hondjie Anina, mens raak so lief en geheg aan hulle, voel skoon of 'n familie lid dood is as hulle iets moet oorkom - sterkte!

Christa, lekker om van jou te hoor! Bly alles gaan goed, jy's seker Vrydag huis toe of eers gister? Geniet vir Mare!!!!

Bly jy't jou babatee geniet Carmen, dis verseker 'n blessing! Die uitpak na die tyd is vir my so lekker. Ek't Vrydag en gister juis ingespring en al Ilse se kleertjies, kombersies, spoegdoeke ens. ens. gewas. So nou's alles wat moontlik gewas kan word mooi skoon - het so oulik op die draad gelyk met die ou piepklein sokkies! :laugh: Ek't self net een beanie, het ook gewonder of ek nog so tweetjies moet koop? Wat dink julle ander - weet hulle verloor baie hitte deur hulle koppies, maar dis darem ook so vrek warm deesdae, is 'n beanie regtig nodig?

Ek's saam met jou in my laasste werksweek Carmen! Vyf daggies and counting! :woohoo:

Lekker slaap julle almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #110134 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, moenie worry oor die beanies nie, ek het dit nooit gebruik nie. Dit val meestal inelkgeval net af. Ek is seker twee is oor genoeg, dis afterall 'n somer baba.

Helene, sjoe, dis nou min dae vir jou ook ne!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #110128 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Shame Anina, hoop julle kry die regte hondjie om As-Jas te vervang, al kan mens nooit rerig dit doen nie :(

Christa, so bly om van jou te hoor!! So dit is nie soo moeilik soos mens dink nie en al sal na die tyd net in plek val, ne! Ek is baie bly vir julle dat Mare 'n soet seuntjie is!

Het vandag meeste van my geskenke uitgepak, nee kyk, sy het tonne klere gekry, natuurlik meestal 0-3 maande, mense kan mos net nie weerstaan om dit te koop nie...en dan het sy so baie bibs en produkte, goeie genugtig! Ek glo ek is gesort met produkte en wipes vir 'n lang ruk! :woohoo: Maar ek moet se ek kan vreeslik dankbaar wees vir alles wat ek gekry het, my familie is great, van karstoel tot camping cot gekry :silly:

Ek dink baba se hospitaalsak is gepak, ek moet nou net myne klaarmaak, maar dis goed soos my toiletries en klere wat kort, dis al, so ek dink as iets nou gebeur, kan ek net gryp en gaan.

Die een ding waarvan ek min het is beanies vir die koppie, ek het net 2?? Moet ekke nog gaan koop?

Gerne, jip, die volgende keiser is Helene die 7de Oktober en dan is Ralmarie en Sarah die "wildcards" waar enigiets moontlik is :)

Ok, julle moet lekker slaap vanaand en dan chat ons weer more! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #110126 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi ek sien op my ticker ek het die 40 days merk geslaan! Dit voel sommer soos op skool toe ons in matriek 40 days gevier het.

Christa, eks baie bly om te hoor dit gaan so goed met julle! Geniet elke oomblik, as daai babatjie eers begin wakker word hier rondom 3 weke gaan julle bedrywig raak! Borsvoed jy nog?

Elise, hoe gaan dit met julle?

Ek sien Sarah het op 'n ander post geskryf sy kry vals alarms, miskien is sy die volgende een om te gaan! Of gaan dit Ralmarie wees?

Gerne, bly om te hoor julle het so 'n lekker naweek gehad. Van nou af is al ons naweke tot Claudia gebore word bedrywig.

Ons sou toe nou die naweek die baba kamer geverf het, maar met die slang en hond episode gister het ons net by verf koop uitgekom en was nie vandag lus vir enige iets nie. Ons sal maar deur die week iemand kry om die onderlaag te verf en dan die prente vlg naweek opverf.

Dankie vir almal se medelye.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #110118 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ons nwk was sover baie lekker. Vreet nog nte heel naweek :)

Ons was gister dam toe, ekt so verbrand en ek was nie eers in die son nie. Hoop maar ek voel more beter. Dis seer

Hi Christa, so bly om van j te hoor en bly M doen so goed! Hoe gaan dit met die borsvoed? Geniet hom hoor
Anina, jammer om te hoor van jul woef, shame man.
Carmen bly jy het n lekker ooievaar gehad! Alles was seker pienk ne
Ralmarie, is jy nog rustig, nog niks wat aangaan nie ne?!

Ons klomp is nou rustig, darm nog nie enige surprises nie. Wanneer is die volgende keiser? Of wie is op die lysie om vlgnde normaal te kraam?

Ons kyk nog net flieks heeldag, lekker lui.

Okay, lekker aand almal!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #110112 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina jammer oor julle hondjie! Hoop julle kom reg met ñ nuwe maatjie vir die ander hond! My hart is sommer seer vir jou! Sterkte!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account