Hi julle almal!
Lyk my ons moet maar in die nag ook chat, was self ook wakker van so 01h00 - 03h00... Hier was iewers naby aan ons was 'n groot veld brand of iets, het heel nag soos stroois geruik en dan voel dit mos kompleet of jy nie asem kry nie van al die rook in die lug. Lekker flou boude vandag, maar wat, darem is môre 'n lekker rustige daggie!
Elise, sterkte vir die baby blues, as jy eers by die huis is, is ek seker jy gaan sommer tonne beter voel. Mens se huis bly darem net jou huis.
Christa, soos almal anders ook al gesê het - kolostrum is meer as genoeg!

Sterkte, hoop jy en Mare kom sommer gou-gou reg.
Geluk met die 38wke Ralmarie, die nesting het nou behoorlik ingeskop ne. Klink my jy gaan saam met Elise & Christa 'n Sept. mamma wees!
Sarah, enjoy your leave and anniversary tomorrow!
Carmen, geniet jou gynae afspraak en sterkte vir al die make up!
Kan nou nie die res van al die geselsies onthou nie...
Was nou nou net by die winkels, dis pure vakansie atmosfeer in die lug! Maak my ook sommer lus om tassies te pak en die pad te vat!