file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #107371 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise, dink nou net hoe lekker gaan jy nou speel as dit net jy en baba heeldag by die huis is - vir 'n baie lang tyd. jy is baie bevoorreg.

Carmen, oe geniet jou shoot more, jy gaan stunning wees man. die mpants werk net so goed. nou wanneer is jou shower, jis jou friends moet bietjie wikkel.

Anina, hoe oud is S nou en hoeveel tandjies het hy? H het op 5mnde sy eerste 2 gesny en op 12 mnde almal gehad behalwe 4 molars. hy is nou 20 maande en die flippen molars is steeds nie uit nie, wanneer kom dit nou en kry klaar?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107358 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai Elise, ek verstaan so goed hoe jy voel oor die keiser. Ek is vrek bang vir operasies! Maar deesdae is 'n keiser algemene praktyk en daar gaan omtrent nooit iets verkeerd nie. So ek is seker alles sal goed gaan! Ons sal defnitief vir jou bid ook, jy is in goeie hande! Dink eerder aan die wonderlike uitkoms van 'n baba in jou arms, niks is beter as dit nie!!

Janine, ek het jou artikel gekry, dankie! Ek sien dit gaan toe sommer ook eintlik oor hypnobirthing. Ek is soooooooooo opgewonde oor die geboorte, ek kan nie wag nie! Geluk met jou 8 maande, min dae ne! Geniet die laaste ruk.

Carmen, lekker vir jou photoshoot! Geniet dit! Dit is darem altyd lekker om bietjie hare te gaan doen, dan voel mens weer sexy...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107342 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina ek dink ook dit is wonderlik om n baba te he al wat my bietjie bang maak is die keiser ek is regtig nie 1 wat hou van operasies nie en dan gaan al die goed deur jou kop wat kan verkeerd loop maar ek probeer nie aan dit dink nie dit is hoekom ek maar besig bly

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107340 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Christa, geniet daai mani en pedi! Ek het weer vanoggend na hierdie vieslike gebarste hakkies van my gekyk en ebsef en kort dringend 'n pedi!! :blush:

Elise, nog net 3 slapies!!! My word, hoe het die tyd nie verby gegaan nie julle?

Alles sal reg verloop, so moenie komkommer nie, hoor! :kiss:

Christa, en dan is dit jy Woensdag!!

Helene, jou maternity foto's is pragtig hoor! Ek hoop myne kom ook mooi uit. Ekke gaan moreoggend vir myne, maar ek lyk soos 'n bus en voel soos een. So sal maar wonderwerke moet laat gebeur :( Ekke gaan darem vanmiddag vir 'n slag weer my hare kleur en sny, ek lyk nou al soos 'n straatvrou soos my highlights al uitgegroei het!
Die girl wat my foto's neem, se ek moet 'n jean saamvat van voor ek swanger is, dan maak ons die knope net los, toe lag en vreeslik hard, want my arm pas dalk nou in een van my ou jeans! :laugh: :laugh: Daar is nie 'n manier nie, sal maar met maternity jeans die ding doen. Ek dink sy moet net my maag afneem en niks anders nie,dan sal ek happy wees, die res is verbode ;)

My niggie het gister vir my haar badtroliie gebring, gaan hom mos aa changing station gebruik, so nou is alles in die kamer wat daar moet wees. Dis net om die kaste te pak as ek klaar my babyshower gehad het...

Ok julle, loer nounou weer in :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107335 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne ek is hartseer daaroor ook jy weet ek se gister aand vir my man vandat ek van die huis af werk is ek 99% van die tyd alleen by die huis en het nie veel geselskap behalwe vir my moomie mammies nie en soms raak dit verstreerend maar dan kan mense altyd met die magie praat en die klein ding reageer daarop jy weet so asof hy met jou terug praat en se jy is nie alleen nie ek is saam met jou en dit laat sommer nou weer my trane rol :-(

Julle my niggie se man werk saam met my man toe bel ek hom nou en se hy moet bietjie plan maak om vir my man n cute hamper of iets te laat op maak van die werk af hy werk baie hard vir hulle ek dink hy verdien ook iets van hulle af om te se geluk met die baba en hy beter die hamper aan hom oor gee voor more middag hy werk weer so eks weer alleen en hy gaan nie maandag in werk toe nie so ek wil nie stories hoor nie

janine geluk met die 8 maande nou is die einde in sig vir jou ook geniet dit

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107323 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek is terug!

Gerne, ek het jou pm geantwoord.

Elise, relax girl. 'n Baba is 'n wonderlike seen, en jy sal cope. Moet net nie probeer om super mamma te wees nie, daar bestaan nie iets soos 'n super mamma nie. Jy is die beste mamma wat daar kan wees vir daai babatjie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107316 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More more.

Hi Christa. jy was so stil - jy moet nie dit doen nie, my kop werk sommer oortyd en dan worry ek LOL
Bly dit gaan goed met jou en M.

Ek het goed geslaap, no problemos. net bly dis naweek, jippee.

ons het 'n baie lekker naweek beplan, daar kom more iemand my help en ek kan Maak Soos Ek Smaak in die tuin. Yay ek is so bly. hulle lewer vandag die grond om te vul af en gras blokke en mis. Ek het soveel beplannings, hoop net die arme outjie kry alles gedoen :) Okay dit klink seker nie na die beste naweek nie maar ek wag nou 'n rukkie om die tuin reg te ruk so ek is opgewonde :blink:

Helene, my EDD van die begin af was 27 Okt. Dit staan nou al by 20 Okt maar dis heel te vroeg. Die dokter het maar heeltyd by 27ste gebly. Ek dink mos die 28ste, of dalk later, my familie loop maar almal altyd oor so ek glo ek sal ook. Dankie vir die oulike idee!
(jou fotos is stunning hoor, julle is 'n pragtige familie)

Ralmarie, gelukkig het jy 'n backup ne, se vir Ludwig ons almal se dankie dat hy jou toelaat om met ons te chat. :silly:

Anina, 16maande is lekker man. As ek nou dinge kon oordoen sou ek vroeer begin probeer het. mens is so bang vir wat gaan gebeur en hoe jy dit gaan hanteer maar ek voel nou reg. Ag maar ons 22mnde is seker ook darem nie so te ver nie ne. Hulle gaan so lekker speel S & C!

Elise, is jy nog glad nie hartseer om te dink jy gaan baba nie meer binne jou he nie? LOL nee ek weet, aan die einde soek jy net die dingetjie uit :lol:

Hey Lily, geluk met jou 8 mnde - nou volgens die ou mense het jy mos nou net een maand oor ne! :silly:

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account