Hallo julle!! ek kom nou net van die dr af. Stefan weeg n volle 3.1kg op 26 weke!! Sy voet is 8cm lank... daai wange is so lekker vet!!
Die dr het so bietjie terug gekyk in die leêr en gesien dat Lance ook 3kg geweek het op 36weke, en hy was 3.2 met geboorte. So dalk is Stefan tog nie so groot nie, onthou hy word ook nog 2 weke vroeer as Lance gebore.
Elise, jy moet die naweek ontspan, en nie jy kwel oor die geboorte nie. alles sal goed afloop!! alle sterkte.
Gerne, en Anina, julle kinders is hopeloos te naby aan mekaar. Gerne, kan nog gaan, maar Anina, 16 maande. goodness!! Praat die een wie se kinders maar 25mde gaan verskil. Maar ek is net dankbaar myne is al oor 2. Ek dink van 18-24mnde gebeur daar nog so baie. Ek spot sommer julle, dis hoe ons almal se paadjies beplan is, en ons kids gaan groot maats wees. ons is eintlik vreeslik geseend!!
Carmen, dis reg dat julle so bedrywig is! geniet die photoshoot. Ek het baie moeg geword, maar dit was eintlik heerlik, want jy vergeet van die wereld daar buite en fokus net op die fotosessie. Dit was eintlik vir my terapeuties.... jy gaan mooi lyk. sit fotos op fb!!
daar was nog iets wat ek vir julle wou sê..oja!!!!!!!!!!!
hoekom moet hulle sulke piepklein botteltjies by die dr he waarin jy PIE??? veral as jy nie meer kan sien wat daaronder aangaan nie. ek pie die hele ding mis! En weet julle wat kom ek baie oor, ek vat die botteltjie en hol toilet toe, want dan het ek so groot nood as ek daar aankom, dan VERGEET ek om in botteltjie te piepie...haha, dan moet ek bid vir nog n druppeltjie sodat daar darem n sampel kan wees...

ek lag elke keer vir myself, iets loop altyd skeef met die vul van die sampel.