file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #108023 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
carmen geniet jou klas vanaand!

Ah Anina, ek het nie eers geweet dis bierfees nie :( Seker maar nou te oud want ons was nog elke jaar daar. bly jy het dit geniet.

Ek dink dit is seker pubic bone waarvan sy gepraat het, kan net dit wees. dis seer, nie lekker nie.

Neln: Johandré / Juhan(uitgespreek soos Juan) Handré, Juvan. Dis al waaraan ek nou kan dink. :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107991 by neln
Replied by neln on topic Re: Oktober mammies 2010
My name is Nelita Juanita en my man is Johan Van Zyl - ons dogtertjie is Elrike Juane.

Juanita en Johan is albei afgelei van Johannes vlgs die boeke - wat ons dan op die Juane laat besluit het.

Die familie name is Barend Frederick.

O en ons van is Nel.

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107988 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
O, ja, ek het sommer vergeet om te vertel van my lekker Vrydag aand!

Ons was na die Duitse skool in Pta se legendariese bierfees toe. Ek was eers glad nie lus om te gaan nie, maar my man se vriend het 'n band wat daar opgetree het, so toe gaan ondersteun ons hulle maar. Toe het ons so lekker gedans en tekere gegaan, hierdie dogtertjie van my is na Vrydag aand 'n hele 2 vingers laer as Vrydag oggend.

Nou druk sy lekker op my pubic been! Dit voel sommer partykeer asof daar 'n handjie hier onder gaan uitkom.

Carmen en Gerne, sterkte met daai pyne!!! Myne begin nou... Gerne ek het nog nooit gehoor van eisbene nie, net van eishbein en dit het ek Saterdag by die Bierfees geeet... Dis seker jou pubic been (geen idee wat mens dit in Afr noem nie) die joint daar skuif mos nou oop sodat baba kan deur kom. Dis was met Stefan vir my baie erg seer, ek ervaar nog nie veel daarvan die keer nie, dit kom seker nog.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107981 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle! Mensig maar julle het gesels die naweek. Ek moes nou eers weer opvang met almal se nuus.

Ek is sommer opgewonde vir Elise se onthalwe! Dink julle daai babatjie is al gebore?

Dink net, een van die dae is dit ons beurt. Christa, vir jou is dit sommer om die draai. Dan is dit seker Ralmarie, sal lekker wees as jy die lang naweek daarvoor het ne!
Ek het nog 6 weke se werk oor voor ek op verlof gaan.

Gerne, klink of jy regtig 'n rampspoedige Saterdag gehad het! Sterkte met die regmaak...

Nelitia, ek hou natuurlik van Stefan (dis my seuntjie se naam) maar ek hou ook van Tiaan en Wian.

Petro, ek dink ook die middag is beter. As jy in die oggend gaan, gaan jy anyway op 'n waglys wees vir die teater. As jy Woensdag gaan, is jy die naweek by die huis, dan is jou man daar en kan jou help. Soos Gerne se, hulle kom haal in elkgeval die eerste aand die baba, so jy sal rustig kan slaap, dan is jy die volgende dag op jou stukke na jy die medikasie bietjie afgeslaap het.

Julle, ek het nie die kot gekry nie, sal dit vlg naweek kry. Maar ek het tasse gekoop vir my en vir Claudia, so vannaand pak ons ons tassies! Uiteindelik! Laas was ek al op 26 weke gepak, hier trek ek al goed oor 33 en koop nou eers 'n tas...

Lekker dag almal, ek hoop ons hoor vinnig van Elise!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107949 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Sjoe, ek kannie wag vir Elise om nuus te gee nie.... :woohoo:

Babatjie behoort nou al gebore te wees B)

Het vanaand ons laaste voorgeboorte klas, sien nogal uit!

Julle, ek het lekker pyn op my blaas, groin, pubic bone, alles! So ek kan nie meer onderskei of ek dalk blaasinfeskie het nie, dis net seer orals. Dink julle ek moet vra dat hulle net vir my 'n urienetoets doen, net om seker te maak? Ek is net bang ek het dalk blaasinfeksie? Ek drink weer Citrus Soda net vir incase?

Nelita, sjoe, dis amper tyd! Ek hou ook van Wian en Tiaan, wat van Divan dalk?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107907 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Neln, wat is jou dogtertjie se naam, en jou van?

Ek hou van Wian, dis baie sterk vir my. Ek hou ook baie van Luan en Hanro.

Shoe so min min dae vir jou ook ne!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107900 by neln
Replied by neln on topic Re: Oktober mammies 2010
More Almal


Al wat in jou guns tel as jy vroeg gedoen word is dat jy darem langer het om te rus tot die vlgde dag - jy word normaalweg in elk geval nie toegelaat om op te staan voor die vlgde dag nie. Ek is ook vroeg die oggende gedoen en die dag kan maar lank raak aangesien jy nie mag opstaan ens nie - maar ek dink weer dis beter aangesien jy weer 'n paar uur langer het om te rus......

Nou ja - ek is lekker ongemaklik en dit voel of hierdie kleinding enige oomblik gaan uitval - is al 37 weke en nog net 2 wekies oor.

Wil vandag ook my en kleinding se tasse uitsorteer en klaar pak.

Verder moet ons ook nog finaal besluit oor name aangesien nie ek of my man vreeslik oor familie name is nie en indien dit 'n seuntjie is (manlief wil mos nie weet wat dit is nie - maar dr het tentatief aan mygese dat dit is) is dit die enigste wat nog die naam kan voortdra.... My man se broer het 2 dogters en dan natuurlik ons oudste is ook 'n dogtertjie!!! Ek moet dus nog vir dogtertjie name ook begroot twv my man!!!

Sover het ons:

Juan, Wian, Rudolph, Tiaan, Stefan - enige ander voorstelle????

Hoop almal het 'n lekker dag!

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account