More almal
Ek het gisteraand prober post, maar my posts het nie gewys nie.
Ek wou al sommer my internet provider dagvaar, wee thy nie hoe nodig het ‘n swanger vrou moomies nie? En Telkom se hul gaan nie ADSL lyne installer nie ons is te ver uit die dorp uit. Dis nou 7km??
O well.
Helene ek kraam darem nog nie, sukkel net met my internet. Tog kom ek in ander sites in al vat dit ‘n eeu. Moomies is seker op ‘n manier anders.
Christa hoop jy word afgeboek dan bly jy sommer by die huis. En hoop jy kry ander werk wat naby is. Dit sal dit soveel makliker wees.
Anina ek dink dit was ‘n wyse besluit oor die pos wat jy vir nou van die hand gewys het. Geld is nie alles nie en kan nie tyd met jou kids koop nie.
Carmen sterkte met jul besluit oor die trekkery. Dis ‘n moeilike een daai. Soos Helene se darem gaan jy haar ken as jul sou trek.
Gerne en jul besluit toe om die see af t se. Wel eerlik ek sou ook, maar ek wil ook nie in die stad bly nie. Mense is ook maar lekker kieskeurig partykeer.
Oor die borsvoeding die volgende: Ek hou aan eet soos altyd en sjokolades en al. Dan praat ek van sommer ‘n slab nog in die hospitaal. Ek reken dat hdit gaan tog deur hul voor die tyd, hoekom nie na die tyd nie. Ek wil egter byse date k onthou een van my kids was bietjie sensitief vir wat ek geeet het. So my voorstel is toets alles een vir een as jul bang is en kyk of dit ‘n uitwerking het. Andersins gaan net aan soos voor die tyd.
Elise ek moet byse, manlief is ook moeg in die laaste tyd en werk baie laat. En dan hou sy vrou hom nog langer wakker as hy by die huis gekom het. Maar ja, as seks gewerk het, moes Drikus al lankal hier gewees het.
Julle moet almal ‘n lekker dag he en ek chat later weer.
Ek ka nook nie meer onthou wie het wat gese nie so as ek iemand uitgelos het, jammer.
Ludwig verjaar so vandag is bietjie sy dag en more is die partytjie. Saterdag gaan ek bietjie vir pedikuur en voet massage. So as jul my min sien is dit die internet of ek loop rond.
Sal definitief sms stuur as daar enige nuus is.
O ja, ek gaan myself Saterdag bietjie bederf met pedikuur. Dan lyk die kant wat die dokter sien darem oraait. LOL.
Toedels
Ok nou tik ek verder. Ek het op word begin tik vir ingeval ek nie weer kan post nie en alles wegraak. So net nou gaan ek net copy en paste. Dis nou as ek die 3 bladsye klaar gelees het.
Janine dis jammer oor die kwilt. Ek verstaan nie hoekom mens dan kleure en prentjies gee nie. Maar soos jy se, vriende en familie, so wat maak mens?
Elize daai dowwe rugpyne klink na iets belowend. Ek dink definitief jy gaan vroer in.
Anina wat se jou man se werk toe?
Gerne, ja ek dink ook mens raak moeg teen die einde, maar dis tog beter dat hul self kom as ‘n induksie.
Lekker aand almal.
Hopelik kom ek more in moomies in. Moes ook deur facebook ingaan.