file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #97128 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, almal se altyd 3,5 kg is groot maar jong, hou daai ou 3,5kg dingetjie vas dan sien jy hoe klein is dit maar eintlik! En hulle lyk altyd so vet op die fotos maar as jy hulle sien, hulle beentjies is so klein en dun :) te oulik.

christa, daai pads is nie lekker nie maar ja, dit werk so goed. Ek het nog nie een pak gekoop nie :blink: sal moet, hierdie maand! :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97096 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
En nou is almal missing! :S :( :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97061 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie julle, ek sal.

lol! Ek onthou daai surfboards!!! Dit was wat ek ook eerste begin dra het toe ek die eerste keer menstrueer. Jy was so bang die ding val uit terwyl jy loop! :laugh:

lol Elise, ek haal my hoed af vir jou wat tot nou toe kon uithou! Ek sou nie kon nie, dit weet ek vir 'n feit! maar ek stem saam, druk nou deur vir die laaste 3 weke girlie!!

Gerne, ek dink jy sal verseker daai vrygewige dokter van jou moet inspan vir 'n ou briefietjie ;) Dis mos net eintlik reg. Enigiets kan mos gebeur, en by die werk wil mens sekerlik nie wees as dinge gebeur nie. :blush:

3 van my vriendinne se baba's was almal onder 3 kilo's, almal so tussen 2.6 en 2.8? Lyk my dit pla nie regtig meer die dokters so baie nie, dit word gesien as klein, maar normaal? Maar ek dink hoe groter en vetter die oukies kan word, hoe beter ook!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96993 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai tog! Daai pads klink soos die wat ek moes gebruik het toe ek begin menstrueeer het. Dit was net voor die plak tipe uitgekom het, maar nog net so dik! Ek het dit gehaat! Het heeltyd gevoel of jy moet loop en knyp! YUCK!!! Ek moet dit nog gaan koop. Sal maar so gou moontlik oorgaan na Always se ultra plus! Die res van die toiletries het ek gelukkig! Ons koop altyd bulk met specials! O ja, net my shower gel! Ek dink dit gaan makliker werk as 'n koekie seep wat dalk val en dan sukkel jy jou morsdood om dit op te tel! :blush:

Ek hoop ook vir so 3.2kg baba. Sal maar moet sien!

Siestog Carmen! Dra maar ons sterkte aan haar oor, al ken sy ons nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96991 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Dit is baie close ja, maar my baas is bietjie vol dinge die keer. wat seker nie reg is nie. ek het elkgeval gedink ek gaan 'n plan maak vir 'n doktersbriefie! my dok gee hulle baie maklik uit :)

carmen, dis jammer om te hoor, dis vreeslik tragies.

elise, gee nou kans, nog net 3 weke dan sien jy wat binne jou magie is.... 'n baba :woohoo: LOL Jy is amper daar, moet dit nie nou bederf nie.

Flip Christa, 200 kms??? nee wat dankie, dis te erg.

Ek dink swelling kan def nou al voorkom by jou Carmen, almal verskil. My swelling op my voete is aan en af, maar van gister af het ek dit weer gevoel, my voetjies klop sommer so teen die middag van die drukking in my toe skoene.
het die naweek ook so na my voete gekyk en gedink hulle lyk bietjie anders!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96976 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai christa ek hou nou al vir 8 maande uit en glo my ek kan nie meer nie as ek my self nie keer nie bel ek daai girl by die gynae en se sy moet my se maar niemand mag weet ek het gevra nie maar my gewete sal my so pla wil 1 van julle nie namens my bel nie lol

Christa ek weet daai goed pla my ook ek moet daai goed gewas en gepak kry ek wil nie op 99 sukel om als te kry nie ek het darm laas naweek vir my 3 pakke cariwell pads gekoop goeie griet dit lyk erger as surf boards en die ding wat my die meeste pla is die goed kan nie eens plak nie dit is horrible dr white sin was te duur hulle vra R30 vir n pak van 10 waar cariwell sin R16 was vir 12 so toe koop ek 3 pakke nou het ek dit nou kort ek net shampoo,conditioner o ja en nog 1 of 2 stelle pjs dan is ek gefix ek het als vir baba dit moet net gewas word dalk moet ek dit more was

Ralmarie dit is vir my n lekker gewiggie darem nie te klein nie solank hy'/sy nie onder 3kg weeg nie is ek happy daarmee

Sjoe julle is gelukkig met die rekmerke my maag lyk soos n padkaart oorsee

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96949 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Jip, die voete is maar seker water retensie, ek gaan nou eers my tissue salts begin drink :woohoo:

Ek moet se my water terughou was baie beter die laaste paar weke, my dooie vingertjies het heeltemal weggegaan! Maar nou lyk die ou voetjies effens dikkerig! ;)

Sover dokter ek ook daai een rekmerkie wat sy verskyning gemaak het, maar darem nog niks verder nie...

Julle, die nuus klink nie goed vir Luke nie, ek dink hulle het vanoggend die masjiene afgesit wat hom aan die lewe gehou het...maar ek sal dit bevestig as ek met Fran self gepraat het, maar sy is blykbaar vanoggend vroeg hier uit die kantoor en het gese dat hy nie gaan deurdruk nie en dat die masjiene afgesit gaan word. Daar is blykbaar ongelooflike breinskade. Maar laat ek maar eerder dit bevestig as ek van haar gehoor het.

Julle, dis absoluut tragies...18 maande oud, ek weet eintlik nie wat om te dink oor so iets nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account