file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #96555 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne dis 'n hectic skedule! Mensig! Ek weet ook nie hoe jy dit gaan hou nie! Dankie tog vir ons mans wat so ondersteunend is! Myne help net so baie by die huis en troos maar wanneer die trane loop of as ek kla! :huh:

Ralmarie toe spring jy nie die kids se peste vry nie! Ai tog! Hoop jy drink iets vir daai verkoue dat dit jou nie plat trek nie! Ek is ook permanent moeg! Wil net slaap en sukkel my vrek om in die oggende op te kom! letterlik en figuurlik!

Carmen sterkte met jou besluit! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96534 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja wel julle, ek dink die internet stuur seine uit oor wanneer ons beter en wanneer ons slegter moet voel.

My lyf ook lekker seer, ek sukkel om te loop. Gelukkig ook net so 30 dae vir my oor (as boeta nou ook beindruk met 38 weke soos sy sussies.) So dis darem so bietjie korter tydjie as jy Gerne.
Dalk kry jy ook afslag die keer.

En ek is moeg. Ek wil slaap. Dink dis die verkoue wat ook maar sy tol eis. My neus raak al hoe meer toe en my kop voel dof. Wel ek is gelukkig by die huis, so ek vat dit maar rustig.
Die kinders geniet dit, want dit voel behoorlik vir hulle of hul onderwyser ook staak. Ons doen net die nodigste.

:ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96530 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ja ek hoop, glo en vertrou ons sal more almal beter voel, mekaar deur die ding kry :) Ek onthou dit gaan maar so op die einde, jy wil nou net uit, jy is gatvol, wil klaar kry, dan word baba gebore en alles is nie dadelik terug na normaal nie. gatta, laat ek net ophou voor ek almal verder depro maak.

Ek glo as ek 'n beter dag het more sal ek weer anders voel.

ongelukkig is dit mos nou druk tyd by my. ons werk al klaar oortyd. hierdie is nou ons skedule (en dit maak my bang, ek weet nie of ek die mas gaan kan opkom nie)

Oggende: 6:30 by die werk.
Lunch: werk tussen 1 en 2
Aande: werk vir 3 ure by die huis.
Elke saterdag ook vir die volgende 2 maande

So ek gaan basically werk... en dan slaap net om op te staan en alles weer oor te doen, niks anders. Gister was die eerste dag en ek was vodde teen 9uur en by my man gehuil. shame gelukkig is hy baie ondersteunend en help baie by die huis.

ag askies ek moan so, ek glo ek sal more beter voel, dankie dat julle luister :kiss:

Carmen, dalk moet ons weer bietjie fotos oplaai, dalk is ons nie so groot soos ons regtig dink nie :P

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96511 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja wel julle, ek dink die internet stuur seine uit oor wanneer ons beter en wanneer ons slegter moet voel.

My lyf ook lekker seer, ek sukkel om te loop. Gelukkig ook net so 30 dae vir my oor (as boeta nou ook beindruk met 38 weke soos sy sussies.) So dis darem so bietjie korter tydjie as jy Gerne.
Dalk kry jy ook afslag die keer.

En ek is moeg. Ek wil slaap. Dink dis die verkoue wat ook maar sy tol eis. My neus raak al hoe meer toe en my kop voel dof. Wel ek is gelukkig by die huis, so ek vat dit maar rustig.
Die kinders geniet dit, want dit voel behoorlik vir hulle of hul onderwyser ook staak. Ons doen net die nodigste.

:ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96474 by Handjievol

16 years 1 month ago #96466 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
lol Christa, nee jy is 'n spring chicken ;) Spot net!

Hi Nelita, bly alles gaan nog goed met jou!!

Gerne, ek verstaan! Tot op 'n stadium het ek kleinerig gedra, maar verseker nie meer nie. Ek het juis gisteraand myself so in die spieel gekyk en net weer met 'n skok besef wat aangaan. My maag het verseker die laaste 4 weke opgevang en ek voel soos 'n potjierol. Ek lyk rerig vir myself soos 'n seekoeitjie :)

Klink of ek en jy maar albei sukkel met die gesig wat ronder raak as mens gewig optel, ek weet hoe jy voel, ek het al klaar 'n dubbelken :( My arms is rond, my bene is flabby en rond, alles is rond, en dan is my boobs lewensgroot, ek jok nie, hulle is massive! Hulle en my maag loop voor my in 'n vertrek in :laugh:

Moenie my verkeerd verstaan nie julle, ek weet dis deel van die pakket en ek sal dit vir niks verruil nie :woohoo: , maar ek kan nie imagine dat mens ooit weer gaan teruggaan na wat jy voor dit was nie??? Hierdie lyk dan vir my soos vette wat ek aangepak het wat gaan bly??

Ok, genoeg gekla van my kant af ook!

Julle, ek het nog nie heeltemal besluit nie, maar ek sal binnekort, maar ek dink op hierdie stadium is ek al hoe meer besig om dalk keiser se kant toe te wil gaan? Sal met my gynae gesels as ek weer Donderdag gaan vir my 31 weke checkup.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96449 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne jy beskryf hoe ek op die oomblik voel! Verskil is ek het net 4 weke oor, nie nege nie! En ek huil al die laaste twee dae oor absoluut alles!. 'n Regte ou tjankbalie! Jy sal moet vasbyt! Ek weet nie hoe nie, maar dis nog te vroeg vir klein Ruben om te kom! Sterkte, ek dink aan jou! Vir my gaan die tyd ook nou te stadig verby! :huh: :blink: :S Kan jy nie so week verlof vat nie? Net vir bietjie rus en wegkom van al die kommentaar?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account