file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #97856 by ChaNa
Replied by ChaNa on topic Re: Oktober mammies 2010
Sterkte Ralmarie. Hoop jou dogter word sommer baie vinnig gesond, dis nie lekker as hulle so siek is nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97855 by ChaNa
Replied by ChaNa on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie Cabraham..

Dit is vir my 'n pragtige naam..

Sien jy het nie meer so ver om te gaan nie, jy moet elke deel van jou laaste paar weke geniet want jy gaan dit mis.

Julle thread is gewoonlik baie besig maar hys stil vandag.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97831 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Charlaine, jou dogtertjie se naam is Kylie? My sussie se naam is toevallig ook Kylie :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97828 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Welkom Charlaine!! So jy hou ons so dop van 'n verte ;) :laugh:

Gesels gerus saam as jy kans het!

Ralmarie, sterkte met die gripe jong!!! :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97818 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal of is dit al middag?

Skies eks so skaars, moet al weer hardloop. Ek nog vrot van die griep, maar vat gou vir Rachelle dokter toe. Sy word nie gesond nie en slaap net heeltyd en het koors. Sal later vanmiddag weer inloer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97786 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Bly dit gaan goed met almal!

Goed om weer van julle, Petro en Janine, te hoor! ;)

Janine, waar Ilse dalk bietjie meer lady like is, oo nee wragtig, Riley was nie met haar 4D nie :laugh: Het 'n regte show opgesit vir die geleentheid! :P

Ek is bly jy kry al besigheid met die Avon Elise, elke bietjie ekstra geldjies help!

Petro en Gerne, sterkte met die harde werk, julle klink altwee bitter besig!

Christa, toemaar my man speel alweer golf Sondag, ek het maar nou al vrede gemaak daarmee, ek sal maar solank die studeerkamer kas aanpak en hom bietjie uitsort!

Was vanoggend gou weer by die dokter, Riley weeg nou 1.655 kg en alles lyk goed! No problems! Sy le ook klaar met die kop onder, dis dit wat my blaas so blerrie druk laat ek sommer pyn het! ;) Gaan nou weer oor 2 weke weer.

Ok, sal nounou weer inloer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97780 by ChaNa
Replied by ChaNa on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Almal

Ek is deel van die Enige iemand wat vrugbaarheidspille gebruik groep maar hou julle groepie altyd dop.

Happy en Christa julle is nou baie naby aan julle keiser datums kani meer wag om babatjies te sien nie.

Happy - Ek weet julle weet nie die geslag nie maar het julle al 'n naam vir beide geslagte?

Gerne - Geluk met die nuwe huis en moet jouself nie te veel ooreis by die werk nie.

Sterkte aan al die ander mammas wie se babas oppad is, pas julle self mooi op.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account