file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #97740 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
goeiemore.

hoop dit gaan goed met almal, wel die papier werk het ons ingehaal - baie vinnig. my tafel lyk soos 'n nagmerrie. as ek begin stil raak - sorry :angry: ek wil nie wees nie!

dont forget me please! :blink: :)

Petro, ja jong, al daai goed - ek sal dit nog kry, ek sal, ek sal :side: LOL
Bly julle geniet die klasse, mens leer altyd baie !

Lily sorry sy het nie veel gewys nie maar ja, darem hou jy haar ampertjies vas! net uithou!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97726 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
more mammies

Hoop dit gaan goed met almal

WEl ek het nie baie lekker geslaap nie ek is weer op en af loo toe dit voel of ek 90% van die dag in die loo deurbring lol

Ek het vanoggend my 1ste avon order geplaas so die bal is aan die rol ek het niks gedoen nie net goed vir mense gemail wat ek ken en ek kry R700 daarvoor ek dink nie dit is te sleg vir niks doen nie

Wel manlief werk darm nie die naweek nie ek is so bly daaroor want nou kan ons baba se laaste goed gaan koop die naweek en ek kan nog pj's gaan soek ek het nou net die ander gewas moet dit nog net gaan ophang en dan sal ek dinsdag baba sin was sommer als van newborn tot 3maande dan weet ek dit is gesort en ons is reg vir aksie

Oe julle ek het gister aand zinger wingz en n very berry crusher gehad dit was so lekker maar net te min ek vrek oor daai wingz

wel ek moet aan die gang kom moet gou huis aan die kant maak dan kan ek weer kom sit en chat en net rustig wees

O ja ek kan nie meer my trou ring dra nie as ek in die oggend wakker word is my vinger pot blou soos wat my vingers geswel is en weet julle hoe aaklig voel dit sonder my ringe ek is hopeloos te gewoont aan dit

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97527 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
More, more!

Ja nee Christa, lyk my ook sy's klaar vol dogtertjie streke! :laugh:

Carmen, ek't nou eers opgevang oor klein Luke, so jammer om te hoor hulle moes toe die masjiene afsit, ek bid vir hulle. Dit moes 'n enorme groot skok gewees het.

Julle, dit voel vir my die tyd begin nou vinnig onder ons uithardloop - as ons weer sien het ons elkeen 'n bondeltjie in die arms! Die swangerskap het vir my lank gevoel tot op 20 wke, maar die laasste 10 wke het omtrent spoed opgetel!

Heerlike dag vir julle almal, geniet al die voorgeboorte klasse!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97514 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more Mammas!

Petro en Janine goed om weer 'n slag van julle te hoor! Bly dit gaan nog goed met julle en babas! Petro ek geniet die geboorteklasse net so! Gaan ook weer vanaand. :)

Janine klink my daai juffroutjie is al klaar inkennig en skaam! Regte dogtertjie streke! Ek het uitgemis op my gratis 4D, was te laat daarvoor! Een van die dae is die ware Jakob (Mare) in my arms, dan maak dit in elk geval nie saak nie!

Petro ek gaan die naweek op "pad" soos jy dit stel. Sal liewer nie my arme man stuur om te koop nie, hy sal met die verkeerde goed by my aankom! ;)

Hoop dit gaan nog goed met almal en dat die verkoues en goed beter voel! :P

Lekker dag! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97433 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
sjo julle klets aanmekaar - ek moet gou inhaal

ek is nou soooooo opge"pad" die week. Het maandag maternity pads, breast pads en gewone pads gaan opstock. mens kan nooit genoeg op die plaas he nie. wil nou nie juis in 'n noogeval een van die mans op die plaas moet stuur om vir my pads te koop nie.lol lol lol

ons het nou 2 voorteboorte klasse bygewoon. was heerlik, ek dink manlief leer meer as ek, maar dis nodig. gaan donderdagaand vir bababad klas - sien nogal uit.

verder is dit soooo dol by die werk. het nuwe girl aangestel om van my werk te doen as ek op kraamverlof is. so dis hectic

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97427 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle almal!

Ag ek's nou al weer agter met die kuier, as moomie nie af is nie, is ons internet af... :angry:

Ek's oor al my skete en pyne van laasweek, was Dinsdag vir ons 3D - Ilse is glad nie skaam om te wys dat sy 'n dogtertjie is nie, maar steek gesiggie weg agter die naelstring! :laugh: En hoe meer ons poke en probeer dat sy draai, hoe meer kruip sy weg. Darem nie meer lank tot ons haar in elk geval sien nie (soos die vrou gesê het wat die sonar gedoen het - 24 uur van die dag met bygeluide!)

Hopelik gesels ek more / Vrydag meer saam, pas julleself mooi op en lekker aand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #97363 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne dis skrikwekkend wat dogtertjies se klere kos! Maar jy kry darem die mooiste goed vir hulle! Jy is braaf! Potty training en 'n nuwe baba?! Sjoe! :ohmy:

Ek sal okay wees alleen, sal wel iets kry om my mee besig te hou! Dalk pak ek eindelik scrapbooking aan. Dis nou te se as ek genoeg krag oor het na die babatee. :huh: Met my huidige energie-vlakke twyfel ek! Of dalk ruk een van daai reuse puzzles uit die kas en durf een van hulle aan. Sal maar moet sien. ;)

Net 6 dae voor lentedag???!!! Eindelik! Ek is al so moeg vir die winter en sy grouheid! En die Augustus-winde waai vir ons weg! Dit bly vaal en stowwerig buite. :S

Waar is Helene, Annalize en Ralmarie vandag? En Anina sit lekker by die see! Ek is skoon jaloers! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account