file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #96085 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle praat so van eerste fotos! My mna gaan glad nie saam in teater toe nie! Hy kan glad nie bloed en goed hanteer nie! Gril tot vir rou vleis! Dink dit het iets met sy weermag dae te doen. So dis ek en die dokter en nursies. Ek sou ook van so foto gehou het, maar nou ja! :huh:

Ek gaan nou eindelik huistoe! Lekker aand vir almal! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96072 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek kan ook nie wag vir kraamverlof nie! En ek het mos ekstra maand verlof ook ingesit! So as alles goed gaan is ek 5 maande by Mare voor ek begin werk! :woohoo:

Elise Mare le reeds reg met sy koppie vas onder in die baarmoeder. Hy draai nie meer nie, skop en boks my net dat ek hop! Moet se dis nogal seer partykeer! :huh: Party dae wens ek eintlik hy wil nou kom, want my lyf is so moeg en seer, maar nou ja. Sy tyd is vasgestel so ek sal maar net moet vasbyt en wag en uithou!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago - 16 years 1 month ago #96067 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Ralmarie ek wil regtig nie daai oomblik mis nie dit is regtig vie my baie belangrik hulle lyk net 1 keer so daar is nie nog n kans vir so foto nie. Nou wys joune nie?Ek weet nie hoe hou jy dit nog met die 6weke nie ek sal mal word die 4 weke voel vir my soos n ewigheid maar ek is seker ek sal nou meer begin gaan ek meen na more is daar nog net 3 weke oor vir besoeke so ek sal dalk nog 1 keer gaan die 2de week in sep ek sien nie kans om elke week so ver te ry nie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96065 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
ek gaan robinson toe my gynae is daar so ja dit is n rukkie se ry randfontein toe maar darm nie te erg nie vat ons so 20-30 min om daar te kom, Ag nee wat ek is nou nie so oor die carvings nie ons naaste milky lane is anyway by keywest so ver ek weet want westgate sin het toe gemaak ek was baie kwaad daaroor want toe my roomys lus begin toe maak hulle toe glad nie nice nie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96064 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise ek hoor jou met daai eerste foto nog so "vuil".
Hier is RAchelle, dr het haar direk vir my gegee en toe drink sy sommer. Dis so kosbare foto vir my.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96057 by Leila-S
Replied by Leila-S on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek gaan na Wilgeheuwel toe, dis maar die naaste aan ons huis. Waar gaan jy? Nee kyk ek warry nie oor laaste geldjies spaar vir die nodige nie, as ek roomys wil he maak ek seker ek kry dit maar my suiker is hoog so ek moet dit nou stadig vat met al die lekker soet goed.

Dankie Gerne, eks seker ek sal nie spuit wees nie. Julle almal klink great! Ons gaan haar Abigail noem, dit voel nog baie onwerklik!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96056 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Welkom by ons groepie Leila. Jy moes sommer al lankal ingeval het.

Julle ek voel ook baba gaan vroer kom. Is eintlik nuuskierig om te sien of hy regtig nou vroer gaan kom of is dit maar ''n gevoel wat mens kry omdat jy weet jou tyd is naby.

Elkgeval al kom hy vandag sal dit ok wees. Die gevaar stadium is mos al verby. Eintlik wens ek nou al hy wil uit.

En ek gaan eers volgende Woensdag gynie toe. Dit was 'n lang 6 weke.

Hoe lank gaan jul kraamverlog wees? Ons moet tog as die babas so 2 of 3 maande oud is biejie iewers ontmoet. Dalk Jhb of Pta? Ek gee nie om vir ry nie. Heleen en Petro is net bietjie ver. Dalk moet hul rand toe kom teen daai tyd vir iets.

Ludwig verjaar 9 Sept, ai dit sou lekker wees as boeta ook dan kom. Maar dink dis bietjie vroeg, my 38 weke werk ook so by die 23 ste uit. So daar gaan seker 3 van ons einde Sept al babatjies he.

Tot later

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account