file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #96426 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Girls ek het nou net 'n depro gekap. Ek het 2 maande oor - 9 weke. En my maag is huge. ek joke nie, regtig, ek sukkel vreeslik. hoe gaan ek dit maak vir nog 2 maande by die werk. ek kry myself vreeslik jammer vandag.
iemand het vanoggend vir my gese ja jy is amper daar ne, vra wats my datum, 27 okt, toe rek haar oe en se, shit dis nog lank ne. shoe, blah blah blah, whatever, get a life en los my uit.

ai :( ek weet nie. ek het vanoggend so gesukkel om te sit, my stuikie sukkel weer. toe sit ek 'n kussing onder my in, sak my stoel en sit my voete op 'n boks koeverte. WONDERLIK vir 'n uur toe begin die pyne weer. :S Sob sob. wat gaan ek doen? Ek gaan tog nie nou ophou groei nie. my voete begin alweer swel en my ken is besig om al meer en meer te hang.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96398 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen moet net nie dat ek jou uitvang dat jy insinieer ek is oud nie! :laugh: :laugh: :laugh: Dis ook maar per ongeluk dat ek sulke goed onthou! :blush:

Gerne daai messy to dressy goed lyk te oulik en definitief georganiseer! Ek het glad nie 'n laaikas vir boetie nie, gaan in die ingeboude kas werk met kratte waarin ek die goed gaan pak. Die plastiese opvou kratte. Dit skuif lekker maklik in die rakke in en uit en alles bly darem netjies.

Carmen het jy al besluit, of dink jy nog? Gaan julle pop-babas bad of bring iemand hulle regte babas vir julle? Ek het 3 jaar terug laas 'n pap baba gewas, een van sus se tweeling. Dis scary! Mens is heeltyd bang daai roomgesmeerde lyfie gly uit jou hande!

Carmen moenie oor die finansies worry nie! Dit sal uitwerk! Sny net bietjie op uiteet en sulke goed en jy kan nie glo hoeveel geld jy spaar nie!

Ralmarie ek is skoon jaloers op jou Helene wat nou al alles reg het! Ek sal darem na Saterdag ook weet presies wat kort nog en dit gou gaan aankoop. Dan is dit net die laaste goed was en die tasse pak. :woohoo:

Is julle ook al so ONGEMAKLIK! Ek stamp hierdie maag nou teen alles en dis geen grap meer om by wasbakke te staan en skottelgoed was of tande borsel nie! Dis een groot geveg! :huh:

Ralmarie daai foto van Rachelle is baie spesiaal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96388 by neln
Replied by neln on topic Re: Oktober mammies 2010
More

Bly dit gaan goed met almal.

Dit gaan vreeslik dol met my - probeer om al my werk opdatum te kry voordat ek met kraamverlof gaan maar op een of ander manier bly die werk net ophoop!!!!

Was ook op antibiotika en is darem nou gesond - net lewensmoeg van Sondag af.

Kleinding het so 1.6kg geweeg met vorige sonar en vlgens dr is ek so 'n week voor my tyd en kan ek 'n baba van so 3.5 kg verwag...

Het vandag al die newborn babakleertjies en kombersies laat was en sal seker my tassie ook moet pak.

Hoop almal het 'n heerlike week.

Groete

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96355 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal.

Heleen, lekker vir die babyshower. Ek moet nog een kombersie gaan omruil, die res is ook klaar uitgespoel. Nou's ons reg vir boetas.

Carmen, bly jy geniet die voorgeboorte klasse. Het jy al 'n finale besluit geneem oor normaal of keiser?

Janine baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy word lekker bederf.
En geniet jou 4D.

Christa ook maar goed jy weet wat gebeur wanneer. Ek onthou niks en as ek dit neerskryf vergeet ek waar die papiertjie is. LOL.

Gerne dankie vir die foto. Ek dink definitief ek moet so ding bestel vir my.

Chat net nou weer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96320 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle oulike girls!

Helene, ek is bly jy het 'n lekker babyshower gehad! En hoop Lance se bday party is te lekker!!

Dankie vir die nuutste lys Ralmarie!

Happy bday Janine, sien Christa herinner ons aan alles!! Die moederhen hier onder ons! ;) :laugh:

Gerne, ek gaan sommer gou my messy to dressy goeters uit die boks haal, is sommer nou opgewonde oor hoe dit gaan werk!

Ek is sooo bly dis amper lente, ek is nie regtig 'n wintermens nie.

Ekke gaan ook 5 maande op kraamverlof, het daai 1 ekstra maand gevat....ek hoop maar net die finansies werk uit!!

Gisteraand het ons die video's gekyk van die natuurlik en die keiser geboorte! Nee kyk, nie altyd vir sensitiewe kykers bedoel nie :P :laugh:
Ek was baie verbaas oor hoe vinnig 'n keiser actually gebeur, van die spinaal tot en met alles klaar is, is regtig nie lank nie. :blink:

Volgende week was ons 'n baba ;)

Ok, loer later weer in

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #96260 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more al die mammas!

Janine baie geluk met jou verjaardag van dag! Ek hoop dis 'n wonderlike dag vol bederf en lekker dinge! Geniet jou 4D vandag! :woohoo:

Sarah lets rather not talk about irretable! I am so rude to my poor husband at times and then I feel awful afterwards! And all he does is to tell me how much he lives me and it's almost over. :blush:

Helene lekker vir jou babatee! Hoop dit was hope pret en dat jy oulike geskenke gekry het! ;)

Helene ons sal saam met jou hoop vir 'n sonskyn dag vir Lance se verjaardag! Julle moet dit geniet! Gaan jy self koek bak?

Ek sal maar moet sien van die fotos. Sal Vrydag by my dok hoor wat dink hy daarvan. En of dit mag. Arme man kry weer omtrent 'n eksamen vraestel vol vrae. :blush: :huh:

Gerne bly jy voel eindelik ook weer beter! Jy moet jouself oppas! Jaag al die siekes en kranklikes weg uit jou kantoor! Ek doen dit by die werk en hou nog altyd goed.

Helene jy moet jou pedi geniet! Manlief stuur my vir mani en pedi voor ek ingaan hospitaal toe! Kan nie wag nie! Dis 'n lekker bederf! :silly:

Lekker dag almal! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago - 16 years 1 month ago #96238 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hier is die pic, ek moes eintlik 'n before foto geneem het dat julle kon sien hoe het dit gelyk maar die mammas sal weet hoe lyk die boonste laaie gewoonlik - hectic ;)

Hierdie was alles in een boks, ek het 3 gekry!

File Attachment:

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account