file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #92353 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Julle gaan dit nie glo nie! FB is geblok by ons! Gerne jy sal maar die fotos hier ook moet kom opsit, anders kan ek nie sien nie! :( :huh: :S

Carmen ek sien al daai varkstertjie wat hier voor op jou maag uitkrul! :woohoo:

Ek droom net werk. O ja nou die aand het Mare sommer opgedaag toe ek gaan piepie en toe baklei manlief met my oor my goed nog nie reg is vir die hospitaal nie! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92351 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
lol Gerne, ja nee die goete waaroor mens droom! Dit wys jou net eintlik wat alles in jou onderbewussyn aangaan!

Christa, ek is verbaas jy is nie die een wat al gedroom het van kraam buite die hospitaal nie, want jou bed is nog nie geboek nie :laugh: :laugh: ;)

Janine, ek is seker myne gaan seker ook uitpop een of ander tyd!

Gerne, ek gaan my Maternity shoot eers doen op 34 weke, is dit dan nie te laat nie, dan gaan ek seker al lyk soos 'n gestrande walvis :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92343 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
O my hemel Carmen, 'n varkstertjie!! :laugh: Myne het ook begin uitklim, lyk behoorlik soos die kersie op die koek! Het gehoop dit bly plat, maar toe nou nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92337 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
ag fanx julle soos ek se die kammer is nog nie kla nie my man met nog die hang kas in sit en dan kort ek nog die bad hy wil 1 van daai koop my toys r us wat op die stands is so sal sien of ons hom nog gaan koop.

Dankie christa ek sal dit baie wardeur as jy my kan help met daai lysie.die geel pakkie was ook soos n nappy cake met n groot winnie the pooh gift set in die middel met 2 bottels n rattle n dummy en ek dink n groom set in en dan was daar bad speelgoed in die pakkie ook

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92336 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Ja nee Elise, mens kan sien jy's eerste in die ry met die geboortedatums. Well done, al wat kort is die babatjie! :laugh:

Gerne, sit bietjie van jou maternity fotos hier op jou gallery asb - ek wil ook sien maar is glad nie op facebook nie.... :blush:

Petro, hoeveel was daai swart broeke by Edgars waarvan jy praat? Ek kort nog pj's en dit klink vir my baie oulik.

Sarah, please let me know how your 4D was next week at Femina, mine is the week thereafter... :)

Lekker naweek julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92331 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
LMFAO carmen. Varkstertjie, mmmm...... !


My een vriendin het dit baie erg gehad, dit was so groot knop en sy was vreeslik selfbewus daaroor.

ek het nou die aand gedroom ek gaan in kraam toe wil hulle nie he ek moet by hulle (hospitaal) kraam nie want ek het nog nie my bed geboek nie, toe weier ek om te loop toe staan en kraam ek reg voor die kraamsaal se deure. OMW. asof ek staan en pie kraam ek net daar.
Gelukkig is my bed nou geboek ! :laugh:

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92324 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Julle, so gepraat van naeltjies wat uitstoot...myne het ook nog nie, maar ek het funny genoeg gisteraand 'n semi "nagmeriie" daaroor gehad!! :laugh:

Ek het gedroom dit het uitgepop, maar toe is dit soos 'n varkstertjie wat krul en ek moet dit heeltyd terugdruk??? :blink: :laugh: :laugh: :laugh: Nee kyk, die goed wat mens droom!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account