More al die Mammas! Hoop julle het almal heerlik geslaap!
Ralmarie so tot op drie maande bly ons by reukvrye produkte? Kan ek steeds EA se sjampoe gebruik? Die groot pienk pomp bottel? En dan seker enige reukvrye Aqeous (spelling?) room? Shoprite het dit juis op special vir R13-99. Ek het ook gehoor EA is beter omdat minder babas allergies daarop reageer.
Gerne ek maak google op my foon oop en vra dan vir moomie. Ai maar dit sukkel op hierdie klein ou skermpie! Kyk of jy so kan regkom, of bribe manlief vir 'n ander foon.
Janine ek kry blykbaar ook 'n gratis 3D by hospitaal, maar met die dat my bed nog nie geboek is nie, gaan ek seker uitmis! Ek is reeds amper op 33 weke! Gaan die naweek sommer self my bed boek en dan hoor wat hulle se. Anders wag ek maar nog so 6 weke om baba lewendig te sien.
Elise duidelik gaan jy nie gou nodig he om badgoed te koop nie!
Ek het een bottel EA sjampoe, 1 pot EA Lavender Aqeous room en 2 potte Bennetts boudjie salf. Nog geen tekens van 'n ooievaarstee nie, maar manlief se hy sal vir my alles koop wat ek wil he! So dan werk ek dit sommer by die maandelikse kruideniersware in.
Sarah your time are also running out now! Time really flies these last two months! I also cannot believe baby is almost here! Have you got a name for baby yet? Are you the one keeping baby's name a secret?
Ek wonder waar is Anina, Annalize en Helene! Hulle is darem baie stil, veral Helene! Shame sy is seker erg aan die kook vir haar besigheid!
Lekker dag almal!