file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #92290 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Elise

Jou foto's is baie mooi jong!! So georganise!

Die lys is 'n gewone Word dokument?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago - 16 years 2 months ago #92250 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
dankie vir die lysie carmen kan jy dalk vir my se in watse program hy is want myne wil nie oop maak nie, ek het darem myne by die hospitaal gekry en ek het regtig gedink meer goed is nodig maar toe darm nie baba kry amper als moet net babygrows,vests,handdoekie en tietie bottel saam vat.

ek wil gou vir julle van die babakamer se fotos op sit het dit gou geneem dat julle kan sien dit is nog nie heeltemal kla nie maar darem amper.

Ek het nou gou gesit en kyk wat ons nog moet gaan koop en n lysie gemaak so nou moet ek net wag seker tot volgende naweek hopelik werk manlief nie anders kan ons nie gaan nie.

die was 1 van my nappycakes by die baby shower het sommer 2 gehad













Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92228 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne glo dit of nie! My man is mal oor die Caboodle rugsak wat skuins oor jou lyf kom. Die band kom oor die linker skouer en hang dan aan die regter sy. So dis die enkelband tipe rugsak. Maar die ding kos R399-99 by Edgars! :huh: Ek voel dis beitjie erg. maar hy kan 'n regte klipkop wees! En NET DIE BESTE is goedgenoeg vir sy vrou! Ek waardeer dit vreeslik, maar dis darem vrek duur! :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92212 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne daai bad foto is tog te oulik! Bly dit gaan so goed met Ruben en dat dokter stem dat jy elke 2 weke hoef te gaan nie. Klein Ruben word ook nou vinnig groter! :woohoo: Daar is darem net 3 dae verskil tussen 24ste en 27ste. Dalk surpraais die klein klits jou nog en daag vinniger op! :laugh: :P ;)

Ek wens elke dag die tyd vinniger om, net om 'n rukkie later weer paniekerig te raak oor daar so min tyd oor is! :ohmy:

O ja, my geboorte-klas was lekker gisteraand! Ons was net 6. Die een vroutjie wat verlede week op 39 weke was het Saterdag gekraam. Glo 'n pragtige klein dogtertjie! Het les gehad oor asemhaling met geboorte en toe so vinnig oor TB vaksines gepraat. Blykbaar is daar 'n tans 'n tekort daarvan in ons land. Ons moet op die uitkyk wees vir swartmark entstof, aangesien dit reeds verval het en nadelig kan wees! So maak maar in elk geval seker wanneer ons die ente moet kry dat dit vars en reg is! Blykbaar word TB en Polio entstof in die hospitaal toegedien voor ons en baba ontslaan word.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92207 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, dit is maar 'n persoonlike keuse. iemand het vir my voor die tyd gese die rugsak sakke is fantasties en ek was glad nie mal daaroor nie, hy gly vir my maklik van my skouer af (as jy bv buk of so en jy het net die een band aan). Die gewone een val nie so maklik af nie. ag dis maar my opinie.

vind uit by jou hospitaal watse sak jy kry want ek het met Henko 'n stunning rugsak doeksak gekry met sy goedjies in wat die hospitaal se naam op staan so toe is ek bly ek het nie spesiaal een gaan koop nie. Ek het 'n 'kant sak' gehad wat iemand vir my gekoop het op die baby shower en dan so ander rugsakkie wat ek by my medies gekry het.

Jy het mos gese jy kry 'n doeksak by die hospitaal? as jy kan uitvind watter tipe dit is kan jy dan net die ander een koop. Ek dink darem nie hulle sal snaaks dink as jy vra nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92198 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
'n Vraag: Wat werk die beste? 'n Rugsak tipe doeksak of 'n skouersak doeksak? Ek kan nie besluit nie! :blush:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92189 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeiedag almal

Dit gaan baie goed met Ruben, hy weeg nou al 1,5kg - so klein bietjie bo die gemiddelde lyntjie maar dokter is nie geworried nie. EN hy het al gedraai, sy koppie le onder - ek is so bly want henko het met sy kop bo gele en eers die laaste week gedraai, gelukkig !

Ek het vir die dokter gese ek wil nie elke 2 weke en dan laaste maand elke week gaan nie toe se hy dis okay, ek moet net hom heeltyd voel en ek moet my bloedruk elke 10 dae laat check.

Daai bad foto van henko is gekies as Baba& Kleuter se pic of the day op FB - julle moet gaan kyk!

O ja, volgens my scan was ek nou weer amper 30 weke en is my due date nou al sommer 24 Okt :) Ek hou maar by die 27ste.

Petro, bly dit gaan goed met julle bulletjie!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account