file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #87927 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, dankie vir die link! Sal dit uit check!!

Ek het ook vreeslik wakker gele, maar nou het ek 'n trick gekry. Ek oefen my hypnobirthing tegnieke, dan ontspan ek so lekker ek raak sommer vinnig aan die slaap.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87924 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie, jis ek le net so in die nag wakker. dit vat my ten minste 2 ure om aan die slaap te raak en dan as iets my in die nag wakker maak is ek lank wakker.
Oe en my ou heupies hou so uur max dan moet ek draai LOL Die skete en skyte van swangerskap!

Elise, dis goed jy het 'n microwaive steriliser opgesit, jy gaan dit wel nodig kry al borsvoed jy!

Ag julle, vote asb vir henko!!! Dankie.

www.facebook.com/home.php?#!/pages/BABYB...418346?v=wall&ref=ts

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87914 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Welkom terug van jou verlof Gerne!!

Ek gaan Satoggend na P&P ens. om speelgoed te kry vir Mignon!

Ralmarie, jip, as ek nie kan slaap nie, dan le ek maar en Facebook op my selfoon :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87912 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hello!

Gerne, jammer om te hoor jy is terug by die werk! Maar lekker vir ons, ons het jou gemis. Ek is ook terug by die werk vandag na my siek verlof, maar ek is nie regtig veel beter nie. Ek hoop maar ek kan die naweek bietjie rustig wees en daar oor kom.

Ralmarie, jy moet dit maar rustig vat, as boeta so laag sit en jy kry al vreemde krampe dink ek jy moenie kanse vat nie!

Elise ek hoop jy kry genoeg van alles sodat jy nie nodig het om nog geldjies uit te haal vir baba nie. Dis altyd lekker om jouself ook bietjie te bederf voor die geboorte! Nice om op die eerste daggies se hospitaal fotos mooi manicured naels te he!!

Helene, ek is bietjie agter die tyd, verduidelik bietjie vir my wat is jou besigheid en ek sukkel om op die fb page te kom, kan jy 'n link daarna toe hier opsit?

Lekker daggie!!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87892 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie ek sien jy is presies n week agter my. Dis lekker as ouboet n ogie hou oor die ander dan kan jy bietjie rus

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87886 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal

Gerne bly jy is terug.

Ek het gisteraand wakker geword van die vreeslikste menstruasie tipe pyne. Het darem net vir so uur aangehou toe kom ek weer aan die slaap raak. Vanoggend voel ek weer goed.
Het gou die kamer se meubels bietjie politoer gegee, ek skeep dit nogals af in die laaste tyd.

Carmen sien jy le ook wakker in die nag. En sowaar gisteraand toe ek maar besluit om in die middel van die nag te chat toe is my internet af.

Heleen jy sal maar moet probeer plan maak met hulp as baba gekom het. Tensy jy genoeg kan kook en vries. (Ek weet nie hoe lank die vriesleeftyd van jou kossies is nie.)

Ek het nou besluit ek vat so 30 min tyd af. Ek sit bietjie op die bed met my laptop.
So nou loaf ek lekker. Die kinders speel lekker rustig buite en ouboet hou 'n ogie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87883 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne bly om te sien jy is weer terug.

Ek sal seker die naweek of maandag die fotos vir julle op sit manlief is die naweek by die huis so ons kan die kamer kla maak.

Ek kan ook nie glo die mense het al so baie gekoop nie gister het ek n microwave sterilizer by gesit asook 2 pakke lappe doeke n duvet stel kan nie eers onthou wat nog nie so ek gaan nie nodig he om baie te koop na die ooievaar nie net nog doeke matrassie vir die cot en dis about it

sjoe julle my tand voel stukke beter vandag maar ek gaan aanhou om met die sout water en listerine te spoel ek gaan nie kans vat nie het gister aand bietjie gepyn toe wil ek sommer huil net om aan die gedagte van daai pyn te dink maar ek kon darm aan die slaap raak so tussen in

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account