file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #87565 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo julle almal,

Ek gaan nie eers probeer onthou wat almal gesels het nie, maar hoop die van julle wat siek is voel gou beter en dat almal wat sleg slaap die afgelope tyd vanaand sal slaap soos 'n baba! :laugh:

Was vandag vir 28 wke afspraak - als lyk goed met Ilse - 1.22 kg lyfie! Dr baie tevrede met groei en hartkloppie ens. Wil haar nou begin vashou en nie net meer op die skerm sien nie! :silly:

Lekker aand vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87551 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi almal

My ma en my man het my die dood voor die oe gedreig as ek weer vandag so aangaan. So ek het net die kaste en laaikassies en spieelkas terug geskuif kamer toe (Ludwig het darem gehelp). En dan bietjie teels gewas wn die kalk uit die bad en wasbad gekrap met 'n lemmetjie. Was gelukkig vanogggend in Stilfontein, Ludwig ry nou daar perd.

Verder gaan dit goed, net jammer my maag lyk of hy krimp. Ek dink ek moet ook 'n foto probeer post dat jul kan sien. Manlief se my maag het gesak en sit nou net laag.

Sal later weer chat moet gou gaan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87518 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa ek is nou al so bang as die abses net n begin maak want dit onflam so vinning in heavy pyn dat ek wil huil as hy net begin gelukkig het ek hom vroeg genoeg gevoel en spoel gereeld met sout water en listeren. En ek het darm nou anti so dit moet nou net werk.

Ek kla glad nie oor die mandjies wat leeg is nie ek maak dit met graagte weer vol ek het die oulikste beddegoed stelletjie gekry wit en beidge met sterretjies en kolle op dis so cute.

Wel ons eet sommer pies en chips vanaand dis waar voor ek lus is lol

Wel hoop julle het n lekker aand en slaap lekker hoop nie die heupe pla te veel nie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87515 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Mensig, maar dit was 'n DOL DOL dag! :silly:

Dankie Ralmarie vir die lysie! Waardeer!!

Julle moet 'n lekker aandjie he!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87511 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle, ek probeer my bes om in die bed te bly vandag, maar Stefan wil nie eintlik saam speel nie.

Ralmarie, dankie vir die lysie! Myne lyk reg ek steur my nie te veel aan die due date nie. Stefan het op 38 weke gekom, so ek sal sien wanneer besluit sussie om haar opwagting te maak. Sal my pas as dit in Oktober is want daar is 'n familie verjaarsdag op elke dag van die 1ste tot die 11de Nov so as sy haar eie B-day wil he, sal sy maar bietjie vroeg moet uitkruip.

Hoop jy vat dit vandag 'n bietjie rustiger met die gewassery!

Elise, bly julle het so 'n lekker aand gehad. Dis darem die beste om bietjie kwaliteit tyd saam te spandeer. En geniet die mandjie pak by baby boom!! Dis darem nice om te weet mense koop wat jy wil he.

Carmen, daai stuitjie is maar deel van die package. Vat dit net rustig en le op jou sy as hy te seer raak.

Christa, ek het nog steeds nie 'n foto opgesit nie. Ek sal maar weer vir manlief moet vra om te neem.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87473 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen die uitnodiging is te pragtig! 'n Regte dogtertjie verjaardag! Jy moet later fotos van die koek en ander versierings ook kom opsit!

Ralmarie dankie vir daai updated lysie! Het jy al klaar al die mure en vloere en goed gewas? Of stoei jy nog met alles? Het julle toe op Drikus besluit? Ek sien dis so op die lysie. Wou pa nie val vir Andrico nie?

Elise hoop daai abses voel gou beter! En tandpyn kan so seer wees!

En nou is almal weereens missing! Waar is Gerne? :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87452 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene die foto is op my profile. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account