file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #87348 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen ek weet hoe jy voel met daai steitjie ek het presies dieselfde en as jy probeer opstaan daarna is dit nogals baie seer.

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87336 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87333 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle!

Dankie almal vir die oulike idees met die geskenk vir Mignon, ek sal Sat gou by die winkels gaan draai maak. Ek gaan probeer om vir julle 'n foto te laai van die uitnodiging wat so cute is :-)

Shame Petro, ek hoop daai heupe word gou beter :( My rug is nie seer nie, maar my steitjie begin nou seer raak as ek lank sit? Ek neem aan dis normaal en seker deel van die package :dry:

Lyk my ons hou so by die 2's. Elise se keiser is die 20ste Sep, Christa is die 22 Sep en my keiser of normaal gaan die 22ste Oktober wees, so presies 'n maand na Christa. :woohoo:

Was gisteraand by eerste klas, was baie oulik, was maar meer 'n introduction, en ek moet se ekk het so baie al opgelees dat ek die suster met baie van die name kon help! Was nou alweer "Miss Know it all" :laugh:

Ons is so 8 couples, almal Afrikaans, en natuurlik het ek die enigste dogtertjie! :woohoo: Almal verder seuntjies wat verwag word!

Shame Anina, jy het 'n dol dag gehad gister!!

Ok loer nou nou weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87261 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
More mammies

Hoop julle het n lekker aand gehad ek het beslis ek het voor manlief gekom het gaan bad en die kos kla gemaak toe hy by die huis kom het hy gaan bad toe eet ons toe maak ek kombuis skoon en vir die res van die aand het ons net op die bed in mekaar se arms gele en tv kyk dit was nou wat ek n amazing aand noem en manlief sukkel deesdae om te slaap weet nie hoekom nie maar gister aand het hy soos n droom geslaap.

Ek het julle mos gister gese my abses het weer begin wel ek hoop ek het hom vroeg in sy spore gespot ek spoel al die hele naweek met sout water en gister toe moes my pa dr toe gaan vir sy jaarlikse cholestrol toetse en goed toe vra ek my ma om die dr te vra om my asb n voorskrif vir antibiotika te gee om die kiem van die abses dood te maak en hy was so nice om my n 5 dag kurses te gee wat veilig is in swangerskap en ek moet se touch wood my tand voel kla beter.

Ek moet se baba is 90 % van die dag so aan die gang dat ek nie juis weet wanneer sy slaap nie ek dink sy slaap heel nag deur want ek voel haar glad nie in die nag nie en in die aand kan sy en pappa so lekker gesels ek dink selfs hy gaan dit mis as sy eers gebore is.

Helene ek het voor Christa in gespring haar keiser is die 22 September en myne 20 September.

Sjoe julle 1 van die dae kan ons die weke op 1 hand tel dit is in n mate nogals scary ek dink veral vir die van ons wat eerste mammas is en die ander kant heel exciting.

Wel ek is gou besig met wasgoed die huis is darm skoon so as die was goed kla is kan ek rustig wees tot kos maak tyd jipeeeeeeeeeeee.

Lekker daggie julle

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87195 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie dankie vir inskrywing! Ja julle moet gaan stem, ek wil nie stem nie, net nou dink die mense ek trek iemand voor. Maar rachelle is te oulik!! Lance eet ook sy yogurt dat meer op homself is.

Petro, jy sal nou weer sien, as jy nie meer swanger is nie sien jy n klomp mooi goed in winkels. Alles wat nou daar is is vir my lelik.

Carmen, ek is ook vir opvoedkundige speelgoed. maar tensy die kind n genie is gaan sy nie regtig opvoedkundig kan wees voor 2 nie. Die persent wat my seuntjie die laaste jaar die meeste gelaaik het was sy Carike + ghoempie DVD. (EN LOLLOS, wat julle mos nie ken nie...) ek weet nie of die vriende afr of eng is nie. maar mens kry nou ook Afrikaanse BARNEY DVD's. Dis ook baie goed. (as jy nou n barney DVD gee, moet jy volgende jaar n Barney pop gee....LOL)

hey christa. mare is al lekker groot, jy moet al begin swaer dra. ek het nog nie n foto van jou gesien nie, het ek dit dalk gemis laas week? jou datum kom nou gou nader....jy staan mos eerste in die ry.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87179 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
O ja, julle moet bietjie vir Rachelle gaan stem op Heleen se facebook site, Babybellies.

Dis nou die wat nie hul eie kleingoed fotos van gepost het nie. Laat weet dan stem ons sommer vir almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87177 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Christa sjoe, maar Mare groei goed. Bly alles lyk so mooi. Ek het iewers gehoor mens moet liquerice eet om jou bloeddruk op te kry, weet nie of dit werk nie.

Petro dis die beste om so stukkie elke aand te lees. Sterkte vir jou naweek. Hoop jy kry darem iewers bietjie gerus.

Anina, ai man ek hoop jy word gou beter.

Carmen ek dink ook opvoedkundige speelgoed. Het julle nie 'n smile winkel naby nie? Hulle het nogals oulike goed en oulike 3,4 en 5 styk puzzles wat die kleinthies mee begin.

Nou ja lekker aand vir almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account