file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #87877 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen, daai uitnodiging is te cute vir woorde. regte ou girly ne!

Elise, jy is gelukkig dat die mense al so baie vir jou gekoop het, te lekker! jy gaan jou ooievaar vreeslik geniet!

Hi Lily, Ilse is al 'n lekker gewiggie ne! Sy groei mooi. bly alles gaan goed.

Oe helene, kom vertel asb hoe die massage was, ek kan ook doen met een ;)

Ralmarie, ek dra ook vreeslik laag en dis nie asof boetie gesak het nie, hy is nog ver bo my naeltjie. ek dink ook dit het baie te doen met mens se maag se elastisiteit, ek se mos, dis henko se pens wat nou oor my kniee hang :woohoo: Ek het met henko baie 'stywer' en in die middel gedra, nou het ek 'n lekker hang pens hoor LOL

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87840 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene, daai Anamalz is te cute, gaan def inskryf!!!

Carmen, ja P&P is 'n goeie idee, ek het vir 'n girly 'n 1ste pressie daar gekoop, so drie stimulerings goedjies in een vir R80. Dit was daai stacker, cups en ronde bal wat jy die blokkies indruk. goeie prys! En shoprite het nou 'n special aan,hul skopfietsies is R79, wat baie goedkoop is. My man het sommer 'n paar vir die huis gekoop vir die kids :)

Wow Christa, jou seun is al lekker groot ne, en jy is nou 33 weke! great stuff man, dit gaan 'n bulletjie wees. is ek reg as ek se nog net 4 weke vir jou.

Hi Petro, ek is hier! of altans terug :)
Jy moet nie so stil wees nie hoor. en FIY, 26 kilos is nie so erg nie LOL :)

Anina, ai girl, hoop jy voel sommer gou beter, dis nie lekker om so siek te wees nie. bid vir jou!

Ralmarie, jy moet dit rustig vat girl, moet jou nie oor eis nie asb.

Elise, kan nie wag vir die fotos nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87815 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeiemore mammas

Ek is terug by die werk vandag, whoopy doo! :)

My verlof was baie lekker, dis weird om so slap te le in die middel van die jaar :silly:

Ek gaan gou al die posts lees, hoop dit gaan goed met almal !

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87775 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Sjoe, ek het wakker geowrd gisteraand 02:30 en het wakker gele die res van die tyd, so julle kan dink dat ek lekker pap tyres is vandag :(

Ek het gisteraand ook so 'n pyn gehad die hele nad wat baie laag sit, voel soos iets wat vasknyp of iets. Dis nie seer as ek piepie nie, maar ek het sommer in any case Citro Soda gekoop, as daar dalk 'n blaasinfeksie wil begin, dan stop ek dit sommer nou. Maar ek glo nie, maar dit is 'n ongemaklike pyn, dalk maar die ligamente en dinge.

Janine, ek is bly alles lyk so goed met Ilse!! Ek gaan volgende week so dan sal ek weer kan sien hoe gaan dit met Riley! :woohoo:

Helene, sterkte met die hard werk ook, hoe was die onderhoud toe met die nuwe bediende?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87639 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle! sjoe ek het net so rowwe dag gehad. besig besig besig. my werk begin my nou lekker besig hou en ek word regtig bekommerd oor wat ek gaan doen as baba hier is. want daar is NIEMAND wat by my kan oorvat nie. ek glo maar die elke dag sal vir homself sorg!

Ralmarie, nee jong, op die stadium voorsien ek maar die kaapse kinders van gesonde kossies. ek het lang termyn planne en wil graag n 'household name' raak, maar dit is nog ver down the line. Eintlik is dit goed dat ek nou my babas kry terwyl die besigheid nog aan die begin stadium is.

geniet die res van die week. ek weet nie hoe baie ek hier gaan uitkom nie.

ooooojaaaaa!! amper vergeet ek. Ek gaan more vir n pregnancy massage. ek kan nie wag nie!! sal laat weet hoe dit was.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87636 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Anina, my maag het definitief gesak. Kan nie regtig onthou hoe dit met die ander was nie. Het wel iewers gelees dat mens gouer sak met jou opvolgende kids, so ek dink dis nog ok.

Lily, bly Ilse groei so mooi. JA nou begin die tyd lank voel.

Gerne, waar is jy in die lewe? Ons mis jou.

Elise dankie vir die vote. Daai mandjie volmaak klink vir my net te lekker. Ek is nie eens seker of ek 'n ooievaars gaan he nie. Dit is darem ook no.5 so ek kan nie kla nie.

Anina ek bargain ook op daai 2 weke afslag, hoop dit werk so uit.

Carmen, sterkte met die stuitjie, dit kan lekker seer wees. Wat van 'n kussing of gaan dit te snaaks lyk?

Christa, jip Tinus wil nie byt aan Andrico nie, hy se dit klink sag. Mans het darem snaakse idees. Wel Drikus is ook aanvaarbaar vir my.

Heleen het jy al gedink om uit te brei na ander provinsies of sal dit nie lonend op die stadium wees nie. Vervoer en bemarking en so in ag geneem.

Nou gaan ek amper slaap. Tot more.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87582 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Janine, bly alles gaan goed met klein Ilse!!! Dis so nice om vandag se tegnologie te he om so gereeld te kan sien hoe die dingetjie vorder ne.

Ralmarie ek is bly jy het dit bietjie rustiger gevat. Jy moenie nou al kom met stories van magie wat sak nie, dis nog te vroeg!! Hoe ver was jy toe die voriges gesak het?

Waar is Gerne?

Lekker aand vir almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account