file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #86510 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo julle

AI Helene - ek kry net sulke erg spierkrampe in die aand as ek slaap. Vra jou dokter om vir jou slow-mag vir te skryf - dit help nogal.

Het 'n heerlike rustige naweek gehad. net geeet , geslaap en gerus. Die dat slaap deesdae so lekker is met die heupe wat heeltyd seer word nie. Ek het ook nog 'n kussing onder my kop ingeprop, maar dit help net mooi niks

Sooibrand darem die laaste 3 - 4 dae weg. Hoop dit bly so.

Ek het vanoggend opgestaan en net sommer super groot en dik gevoel. Heeltyd was dit OK, maar nou voel dit of alles, selfs my Preggie Jeans begin span om my boude en my bobene. AG NEE. voel of ek ander broeke wil gaan koop. Se ASB julle voel ook soooooooo.EK vermy die skaal maar nou vir die laaste 13 weke. dink dis beter

Ok julle, Hoop julle werkswekie is super !!!!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86492 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek loer ook net so vinnig in. Want ek mis al die geselsies deur die week. Ek moes myself net die laaste tyd beheer en meer werk en minder chat op internet. Ek het met n skok agtergekom hoe naby Stefan se geboorte is, so nou werk ek my gat af. O ja, en ek sit mos sonder n bediende, more kom enetjie vir onderhoud...sal maar sien hoe dit gaan.

Ek moet ook vir julle sê die 3de trimester kom regtig saam met al sy skete en kwale. My bene kramp in die nag, ek hoes my longe uit, en my sinusse is weer so vol snot ek kry nie eens gepraat nie. Ek het nou n klomp tissue salts wat ek drink. Hoop maar dit werk.

Anina & Gerne, ek het UITEINDELIK my stegi waterproofs gekry. en nou is my lapdoek goedjies mooi agter mekaar. Die Stegi waterproofs is great!!

nou toe julle. lekker week en hoop nie almal se 3de trimester is so vol skete, pyne, hoese en proese soos myne nie.... :side:

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86478 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Petro!! Bly jy kan darem nou en dan inloer!

Shame Anina, hoop jy word gou beter! My sinusse het ook weer die anwek gebin, so ek het weer net so dik aaklige gevoel in my kop!

Mans kan darem nou en dan oulik wees as hulle lus het! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86477 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle,

Ek is alweer lekker vrot siek. Le al die heeldag in die bed... Die verkoue het die keer bietjie vinniger toegeslaan en is reguit in my bors in. En my stem is heeltemal weg!!

Dis aaklig, gelukkig het Johan vir Stefan Cars in the park toe gevat vir die dag sodat ek net kan rus. Die man is darem nogal oulik so af en toe!

Hoop julle het almal 'n great naweek gehad!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86438 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
hallo julle

al wanneer ek al julle posts kan opvang is oor die naweek, wanneer dinge so bietjie stilstaan.

hoop om volgende week saam te gesels

lekker naweek

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86430 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Ralmarie

Hoop jy voel gou beter! Ekke is ook baie meer moeg die laaste ruk!

Die make-up het goed gegaan, maar nou is ek flou boude!!!

Lekker aand B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86407 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Carmen

Lekker make-up doen.
Jong ek gaan eers weer 1 September. Alles het mos so goed verloop, en ek se toe dis reg. Ook maar lekker dom. Maar ek voel darem beter vandag, so ek dink dis ok.
Moet se ek is net so moeg die afgelope 3 dae. Wil net slaap. Pa werk vandag en more so daar is geen vooruitsigte om te slaap nie. En my sussie kuier die week met haar 2 kleintjies hier. So dis lekker woes.
Tot later.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account