file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #80294 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Petro

Ek het nie so baie kilogramme al opgetel nie, ek dink??, maar ek het verseker orals lekker gespek, want ek bars letterlik deesdae uit my nate! :laugh: So dis ek dink, vetjies, vog, the whole works!
Veral my gesig, man dis altyd waar jy dadelik kan sien ek het ernstig gestoel! :)

Hopelik word my stiefsussie se babatjie nou uiteindelik vandag gebore! Sal julle laat weet!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80284 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Petro, sover ek kan sien kan mens dit nie doen nie. Ek het ook al gewonder. Mens moet elke keer terug gaan na die forum toe.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80257 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
kan ek die ding so stel dat elke keer as een van julle iets nuuts tik, dis outomaties op my screen verskyn of my laat weet.

anders bly my vorige post die heeltyd bo ??

HELP HELP HELP

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80240 by PETRO
Replied by PETRO on topic Re:Oktober mammies 2010
MORE ALMAL

Eilse - raak rustig vrou. Jy sal sien alles sal perfek uitwerk. En moet nie die keiser sien as 'n operasie nie. Hulle maak 'n piepklein snyjtie in jou maag en haal vir baba uit. Jy sal dit verseker oorleef, ons vrouens is sterk. Oor minder as 2 maande kyk jy terug en sal dan nie kan glo dat jy soooo gestress het nie.

Ek voel weer vanoggend asof ek 'n gaviscon drip wil aansit. Suffer julle ook sooo erg van sooibrand soos ek.

ek carmen ek voel ook soos 'n walvis - ek hou glad nie meer van die skaal nie. Is dit net ek of het julle ook al sooo baie gewig opgetel ?

lekker werk

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80210 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal

hoop jul het almal lekker geslaap.

Elise moet nog nie te bekommerd raak oor die operasie nie. Dalk was dit net 'n afgesonderde geval en is jou bloeddruk weer normaal en die toetse negatief. Dan kan jy dalk nog normaal kraam.
En as dit nie gebeur nie, ek is net so bang vir operasies, maar diep binne weet ons tog ons sal dit oorleef. Net jaloers dat jy dalk vroer jou baba gaan vashou.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80201 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Elise, moet nou nie op hol gaan en panick nie, soos ek gese het is dit 'n skaars toestand. Hulle het jou nierfunksie getoets om vas te stel of jy wel pre-eklampsie het. As jy het, sal die doc jou van nou af baie goed monitor en as dit erger raak sal hulle vinnig optree. Dit beteken gewoonlik dat mens nog een dag by die doc instap en sy vir jou se, gaan haal jou tassie, ons doen sommer nou die keiser... so moenie bargain op 'n sekere datum nie...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80193 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi daar,

Elise, pre-eklampsie is 'n skaars hoe bloedddruk toestand wat by swangervroue voorkom. Dit is ongelukkig lewensgevaarlik vir die mamma terwyl jy swanger is maar dit kan gewoonlik behandel word en hou onmiddelik op sodra die baba gebore en plasenta uit is.

Die vroee simptome is: Hoe bloeddruk, water retensie, proteien in die urine.

Die simptome van gevorderde pre-eklampsie is:
Hoofpyn (dowwe kloppende hoofpyn)
Buik pyn meestal aan die regterkant onder die ribbes.
Irritasie
Verminderde urine of geen urine
Naarheid en opgooi (kry onmiddelik hulp)
Dowwe sig of sien swart kolle.

Hou asb dop of jy enige van hierdie simptome saam met die hoe bloeddruk het, en kry DADELIK mediese hulp indien jy dit kry. Alhoewel die behandeling gewoonlik baie goed help is hierdie 'n lewensgevaarlike toestand.

Dit kom gewoonlik net in 'n eerste swangerskap voor en is regtig eintlik skaars.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account