file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #80492 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
ag wat sal dit rustig vat vir nou en maar sien wat vir ons beplan is al wat saak maak is dat snookums gesond is en dis al.

Ek dink ook nie ek het darm te veel gewig aangesit sover nie en soos julle weet is ek geduurig in die kondensmelk en fudge in maar lyk my baba vat al die vet so dit pla my glad nie.

Gerne ek kan nie glo sy is al so lekker gewiggie nie het amper bietjie meer as verdubble van die laaste besoek af so ja ek moet se sy doen baie goed en eks bly daaroor. Ek weet nou nie as ek volgende donderdag weer gynae toe gaan of sy net gaan bloeddruk check en of sy weer n sonar gaan doen nie?

Christa jammer as ek so in jou sop val ek weet jy sou eerste joune gehad het van ons groepie maar lyk my ek gaan jou so n bietjie voorspring.

Julle ek het al so min of meer begin om baba se sak te pak net so dat ek kan sien wat moet saam en wat moet bly ek weet als moet nog gewas word en wat wat maar ek wil nie iets vergeet nie. alhoewel pappa nog vir ons n outfit moet kies om hospitaal toe te vat maar as ek vir n keiser gaan moet ek seker meer as 2 stelle vir haar saam vat of hoe julle moet my nou help asb.
En dan ek sal seker die laaste week van augustus begin september al die kleure en kombersies en goed moet begin was wil dit nou nie ver voor die tyd was nie wil darm het dit moet lekker ruik as ons haar aantrek.

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80446 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, eks ook lekker broeis die laaste paar dae. Toe ek Saterdag vir Stefan gaan 12 to 18 maande klere soek, sien ek net die newborn kleertjies raak. En sussie het natuurlik die mooiste 2 pakkies gekry...

Christa, ek weet wat jy bedoel met die vissie lap. Ek gaan maar self prentjies op verf (weet net nie wanneer nie.) Toe dit Stefan se kamer was, wou ek karretjies he en daar was nerens karretjies nie, nou is daar oral karretjie lap maar niks vissies nie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80443 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek het so pas 'n hele 500g Dairybelle Bliss Double Cream Yoghurt in Hazelnut Praline verorber! Nou voel dit of my maag wil bars! :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80432 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
hi julle. jis maar ons sukkel vandag met ons server, het nog nie een email ontvang nie - lekker boring

darem kon ek nou uiteindelik op die net kom!

Elise, baie bly dit gaan so goed met jou kleinding, sy is al 'n lekker gewiggie ne! oulik mamma :)
Ek dink al waaroor jy moet worry is dat jou baba veilig in die wereld inkom en as dit deur 'n keiser moet wees, is dit ook okay, sy gaan in jou arms le maak nie saak waar sy uitkom nie :)

Ek het al baie opgetel. Elise, jou 13 kg is glad nie baie nie.

LOL Anina, ek het ook 'n pakkie newborn gekoop en toe kyk my man dit so toe se hy nee jis dis te klein :) mens vergeet gou. ag dink net hoe gaan daai ou lyfietjie in daai babygrows voel... ek is vreeslik broeis vandag.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80431 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeie more almal!

Elise, dis sleg van jou bloeddruk, maar dalk is dit glad nie so erg nie! Hoe meer jy in elk geval daaroor stres, hoe erger gaan jy dit maak. So raak rustig! Ontspan en haal lekker diep asem. Wat moet gebeur sal gebeur. Ek sal darem so vrek jaloers wees as jy jou baba voor my vashou! Sien so uit na die klein klits! :woohoo: En sy/hy weeg al amper 'n hele 1,6kg!!! :woohoo:

Ek het ook 'n par prem goedjies by my sus gekry en kan nie glo 'n baba kan so klein wees nie! Dit lyk omtrent of dit vir 'n pop moet pas! :P

Petro simpatie met daai sooibrand! Ek sukkel gelukkig net so nou en dan daarmee, afhangende van wat ek eet. :huh:

Carmen ek ken ook die walvissie gevoel! Of dalk moet ek eerder se walrus gevoel! Dit voel soms of mens net PENS is! Ugh! :unsure:

Ralmarie jy het nie dalk al oorweeg om vir 'n inkomste prentjies op lap te borduur nie? Ek soek nog steeds vissies en kry wraggies niks! Het sommer die winkel-eienaars vertel wat ek van hulle dink! :blush: Ek raak desperaat en die tyd al minder! :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80414 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ja julle. hier gaan ons weer met kos. Maar ek moet se ek is net so honger. Dink ek moet sommer gou eierbroodjies maak. Die kinders sal dit geniet.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #80413 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
ja ek weet 38weke is reg so dit pla my glad nie in die minste nie. En natuurlik het ek n wonderlike man wat net die positiewe in als sien se ek hoef nie te worry nie die baba en ek gaan fine wees en hy/sy gaan pragtig wees en ons gaan haar saam geniet en groot maak hy is regtig te wonderlik weet nie wat ek sonder hom sou doen nie. al wat ek nie van hou met die keiser idee nie is die wat ek in die hospitaal moet bly vir 3 dae ek is glad te veel man vas om sonder hom te slaap

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account