More almal! Mensig maar dis stil vandag!
Carmen dis darem skrikwekkend hoeveel 'n baba per maand ekstra uitgawe is, maar ek dink nog steeds dis die wonderlikste ding wat met mens kan gebeur! Julle sal wel survive! Daar sal dalk net mionder uiteet en kitskos en sulke dinge wees, maar dis ok okay! Kinders is gewoonlik so R400 - R700 per maand ekstra op die medies. By ons betaal die werk 50%, so dis darem nie te erg nie.
Gerne, daai gordyne is 'n bargain! Hier by ons is dit hop en betaal! En hulle roer jou! Ek maak maar self of kyk wat ek by Mr Price Home of Sheet Street kan kry.
Vir die wat enkelbed en 3/4 bed beddegoed soek, gaan kyk by Sheet Street. Hulle hou hope daarvan aan.
Petro hoop jy voel beter vandag! Jy het nie dalk lae bloeddruk nie? Dit laat mens verskriklik sleg voel. Ek wou Vrydag doodgaan daarvan. My man het eintlik oppad werk toe omgedraai en my in die bed gaan sit.
Jislaaik julle dokters is duur! Ons betaal hier R240 vir elke besoek. Dis standaard tarief. En die medies dek dit ten volle. My dokter doen ook elke keer 'n sonar. Ek gaan ook nog elke 4-5 weke vir ondersoek. Gaan Maandag weer vir 32 weke een. Tyd vlieg!
Lekker dag vir almal! Praat weer later. (Sal my maag fotos dan probeer laai.)