More almal! Dit voel of ek weke laas hier was so baie het julle gesels!
Gerne, baie geluk met daai huislening! Is baie bly vir julle! En daai boetie word nou eislik groot ne! Bly alles gaan goed met hom en mamma!
Carmen bly jou vriendin voel okay! Goed om te hoor jy maak vordering met die kamer! Kan nie wag vir daai fotos nie!
Anina dis darem lekker as baba so skop! Ek dink ek gaan dit die ergste mis na die geboorte! Manlief geniet dit net soveel as hy so skop! Vanoggend 2:00 is ons wakker geskop! Die klein mannetjie raak nou regtig wild! Ek dink my longe begin daaronder ly.
Ralmarie en Gerne hoop julle kry die name ding iewers uitgesorteer! Ons oorweeg om my pa se naam as Mare 'n tweede naam te gee. Dis Johan. Finale besluit le by manlief.
Helene, kan jy glo! As mens inlog is almal op kos en lekkergoed praatjies! Ai die rolletjies!
Ons het gister lekker gaan koek eet by my sus. Haar tweeling was gister 3! Hulle raak darem nou te oulik vir woorde!
Elise deel bietjie daai klapperys resep! Ek is self baie lief daarvoor, maar die resepte is te vol gedoentes.
Lekker dag almal!