Hi julle
Jammr ek loer nou eers in! Maar dol by die werk en ons server gee vandag ook nog probleme
Gerne, jou maag lyk te cute vir woorde! Annalize, joune ook, al is jou darem maar dun mens!
Gerne, sjoe dit is darem 'n lekker ruim huis! Toemaar ons is ook nou in 'n 90 squares plek, so ek verstaan die ruimte issue baie mooi! Aaai, ek wens ons kon ook koop, maar sal maar vir eers wag tot miskien volgende jaar, maar die finansies is net nie van so aard dat ons kan koop nie

Ons huur maar nog al die jare!
Was by die dokter en alles lyk goed en normaal! Riley is nou 707g, so sy het in die 5 weke 428g opgetel! Die gyane skat sy is seker nou so 25cm maar sy is nie juis nou geworry oor lengte nie.
Alles lyk goed met die orgaantjies, mens kan so duidelik die blass en hartjie met 4 hartkamers sien!
Sy het heeltyd haar mond oop en toe gemaak, dis vrek cute!!

Sluk mos die vrugwater!
Wat wel weird was, my gewig, ek het 4 keer op die skaal geklim net om seker te maak, maar ek het nie 'n gram opgetel nie in die lasste 5 weke. BARGAIN!!!! Nou het ek bietjie surplus om mee te werk
Gynae het gese sy stel glad nie balng in iemand se gewig nie behalwe as daar drasties iets abnormaals gebeur! Gerne, se dit bietjie vir daai ontvangsdame!
Sal foto van sonar opsit op my gallery!