file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #59984 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
Nee hel gerne - het self nou na my fotos gekyk - en my boude lyk groter as my maag. hou dit maar eerder vir myself. jy lyk vir my vrek goed - jy seker 50kg geweeg voor die tyd

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59972 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo almal

Ek het probeer om die laaste 1 , 5 dae se psot te lees, het my hond lank gevat

ek leef nog - haal asem en alles gaan goed.

ons was gister in Bloemfontein met die sokker - dit was totaal nag in die plek. het 2 ure vir ons middagete gewag, en ek was sooo honger

het ook familie gehad van laasweek donderdag - met twee ongelooflike stoute kinders - en ek meen regtig - soooooo bly hulle is nou weg

Gerne - ek voel net soos jy, die skaal wil ek telke male by die venster uitgooi - het nou al 7 kg opgetel - en ek dink dis heeltemal te veel.

Carmen - ek ook alleen by die huis - my man weg om te jag tot sondag oggend. ek eintlik sooo lus vir rustig wees en minder eet, na al die mense wat ons gehad het. so ek gaan die volgende paar dae net niks doen nie

Heleen - ek het ook so 'n ou groot wol trui en my ass lyk 15sizes groter in hom, maar ek dra vir hom ek se jou

moes gister toe maar uiteindelik vir my nuwe bra's gaan koop, die 34B doen nie meer die ding nie

nou ja ek hoop julle slaap lekker vanaand, ek slaap heel goed, en nogsteeds heerlik op my maag

Gerne, ek plaas dalk later ook 'n ou foto'tjie van my reuse maag en ass

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59941 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, die super heros is net vir my sooooo over rated. Dit terwyl ons AFRIKA het, met leeus en olifante en allerhande regte sterk goed! Myne sal seker ook eers by die skool van sulke goed leer.

Dankie Ralmarie. My arme kind is nie in so 'n goeie bui nie, hy willi slaap nie en eet ook nie lekker nie. Miskien kry hy 'n tand vir sy verjaarsdag...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59926 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie, ek kom laai jou met plesier op! Ek moet net manlief se arm draai vir 'n weeksdag. Hy is mos my baas ook. Sal maar bietjie op sy gevoel speel. Ek was seker 20jaar terug laas by Edura, maar ek weet hulle het toe al alles onder die son gehad. Was jy onlangs daar gewees? Ek het 'n idee waar die winkel is, maar is nie doodseker nie. Het wel hul adres en google maps op my foon, so ek sal dit in elk geval kry. Sal jou laat wanneer, dan kom laai ek jou op. :woohoo:

Anina, ek is ook heel anti-super heroes! Arme bloedjie gaan hom seker dood skrik wanneer hy die dag skool toe gaan en met al die goed kennis maak! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59920 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Nou ja ek is terug by die huis en mmeste van julle seker al weg.

Christa ja dan ry jy oor Potch en ek klim saam in tot by Edura. Dis net asof mens nie meer kry wat jy soek nie. Of soek ek altyd die onmoontlike?

Gerne jy lyk vantasties! Ek sal bietjie manlief vra om 'n foto te neem solank niemand lag nie, net ek. Ha-ha-ha.

Anina geluk met die 1ste verjaarsdag. Ai die kleingoed word te gou groot. Ek kyk juis nou die dag weer bietjie fotos.

Carmen, ja mens voel gelukkig nie as jy skeur of geknip word nie. Net bietjie ongemaklik na die tyd, maar dan is 'n lekker sout bad net die ding. Ek moet eerlik se ek is maar aan die lui kant en het nog nooit enige kegel(spelling) of enige ander oefeninge gedoen vir swangerskap nie.
Gelukkig lek niks nog nie, hoop maar dit bly so. Wel soos Heleen se net tydens die swangerskap soms.

Nou kan ek klaar nie meer onthou wie het wat gese nie.

jullle moet 'n lekker aand he.
toedels. :woohoo: :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59918 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, jy sal maar moet ry. Ek kry altyd in Pretoria by die ou plekkies soos Caseys mooi kinder lap. Ek het die oulikste speel kombers gemaak vir Stefan van gogga materiaal. Ek like ook nie die super hero goed nie... my arme kids, hulle ouers moet maar hulle heros wees...

Gerne, jou magie lyk te oulik! En jy hoef glad nie te worry oor daai 10 kg nie!!!!!! Jy was obviously bietjie maer voor die tyd want jy lyk glad nou nie eintlik dik nie!!! Ek gooi mos die skaal weg en worry net as die spieel se ek het te veel opgetel...

Die rooiwyn debat... ek drink ook!!! Ek het met my vorige swangerskap hard gesoek na riglyne van hoeveel is veilig. Al wat ek kon kry is: so min as 1 drankie per dag kan skade veroorsaak. Dis die minste waarna hulle verwys, so ek drink een glasie 'n week... party weke 2 of 3 maar dis my limiet. En rooiwyn is goed vir baie dinge! Sherry gaan ook lekker af deesdae.

Dankie vir al Stefantjie se geluk wense!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59905 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne. die winkel van ons stel net belang in matriekafskeid en trourokke! Hulle het hope rok, bloes, hemp, broek en sweetpak materiale. Maar nie veel vir kinders nie! Ek het nou al lus en ry Carletonville toe en gaan kyk by Edura.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account