file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #59321 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Anina, baie geluk met die 1ste jaar!! Dit het vir my soos n groot mylpaal gevoel! En nou stap die 2de verjaarsdag nader. geniet dit dag!! hou julle partyjie?

Ek het nou omtrent heel oggend gespandeer om op te lees oor die verskillende lap doeke. Ek is heel oorweldig. daar is heelwat keuses, en ek weet nie of ek my geld gaan mors nie? ek wil dit net 'part-time' gebruik. verstaan...net deur die dag bv, en in die nag n pamper of huggies doek. dink jy ek sal baat daarby? hoe vind jy dit?

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.

[/link]

[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59278 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Elise, 98 daggies! Eks is sooooo ver agter jou!!! Ek is nog 'n entjie van die 100 dae merk af! Kan nie wag nie.

Ek moet self nog aan die baba kamer werk, maar kom by niks uit deesdae nie. Ek sal maar eers net Stefan se party agter die rug kry, dan sal ek weer probeer om die ander goed op my vakansie lysie gedoen te kry.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59254 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
oe julle ek kry nou bietjie koud hier in die huis ek dink ek moet weer die baba kamer in vaar en verder daar aan gaan met die goedjies dan sal ek dalk bietjie warmer kry ek wil eintlik my boek verder lees maar dis net sleg wees dink ek moet bietjie iets doen vir n slag, hulle kom saterdag inspeksie hou oor die huis so als moet netjies en op plek wees en dan hoop ons die plek verkoop gou ek wil nou trek

Anina geluk met jou seuntjie se bday mag hy nog baie geluk vir julle bring.

Julle ek sien ek het net 98 days too go minder as n 100 dae jipeeeeeeeeeeeeee sjoe tyd stap nou vinning nader aan die 1 kant is ek opgewonde en die ander kant bietjie bang en senuweagtig(spelling?) maar glo als sal goed gaan moet net aan die goeie dink.

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59226 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie Anina, waardeer jou raad regtig!

Wel nou voel ek nie heeltemal soos 'n alien nie, het gedog dis dalk abnormaal dat ek nou al bietjie lek! :blush:

Geluk met jou seun se bday! :woohoo:

Ek is bv glad nie lus vir werk vandag nie! Aaai, aai, sal my gedagtes georden moet kry jong en FOKUS :whistle:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59206 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle, my ou seuntjie verjaar vandag!! Ek kan nie glo hy is een jaar oud nie!

Annalize, Stefan is ook hyper, maar hy is gelukkig stil en hyper. Hy sit nie vir n oomblik stil nie, maar vermaak homself die heel tyd.

Oor die skeur, mens kan perinial massage doen om skeur te voorkom, en so min as moontlik druk. Die massering moet mens so van 35 weke af doen met 'n natuurlike olie en moenie te hard druk nie, anders maak jy klein skeurtjies en dan is al jou moeite verniet. Ek het dit nie gedoen voor Stefan nie, en ek het 'n skeurtjie gekry, maar regtig nie gevoel toe dit skeur nie en ek het nie 'n epiduraal gehad nie.
Carmen, dit hang van die doc af of hulle skeur of sny. Deesdae glo meeste van hulle skeur is beter maar 'n paar jaar terug het hulle weer geglo sny is beter.

Oor die lek, mens lek agv swangerskap, nie net agv die geboorte proses nie. Jou bekken spiere verslap tydens swangerskap agv die ekstra gewig en omdat jou liggaam gereed maak vir geboorte. So selfs al beplan jy 'n keiser moet jy daai oefeningtjies doen anders kan jy later (of nou) met die lek probleempie sukkel.

Gerne, jy moet gou gesond word. Dis darem die aakligste ding as mens swanger en siek is!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59176 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie Annalize, jy laat mesn sommer beter voel oor die gewiggies optel! :)

Helene, ek gaan nou daai oefening e begin doen elke keer as ek deur 'n deur stap! IOf ek nou later besluit om 'n keiser te he of nie, gaan dit in any case doen!

Ek stem, hoekom ek vra is ek sukkel klaar bietjie met die lek, en die kind is nog nie eers gebore nie??? Dis asof daar net meer pressure om my blaas is?? Nou is julle seker lekker "uitgegroce"! :laugh:

Anyway!

Jong, nee ons het nie gegaan nie, die luiheid het ons weer oorval! Nee kyk, ek is ook nou nie meer baie lus vir te veel doen nie, glo my! :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59175 by Bollie

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account