file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #60291 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Ai Christa, so 'n rug is darem aaklig terwyl mens swanger is! Sterkte!!


Petro, jy lyk stunning, 7 kg is great sover!!

Gerne, Stefan se partytjie gaan karretjies wees, ek het die mooiste Cars glasies en bordjies gekry. Maar ek like dit net nie om die hele kamer ens aan 'n karakter te koppel nie. Ek maak dit eerder 'n tema dan kan mens meer doen.

Ek sal nou nou bietjie vir my man vra om 'n foto of twee te neem. Hy issi vandag werk toe nie. Toe hy vanoggend wil ry toe wil sy kar nie start in die koue nie en myne het 'n pap wiel, so toe besluit hy hy vat 'n siek daggie... Hy het nog nooit by die huis gebly as hy nie regtig hond siek is nie, so hy voel moerse skuldig, maar ek dink dis goed vir hom. Hy werk sy gat af die afgelope paar weke sonder dat hulle hom oortyd betaal.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60282 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, die receiving blankets word mos maar van doodgewone flennie materiaal gemaak. So jy kna dit definitef koop, weet net nie van die plain sonder prentjies nie. Ek het by PEP en Ackermans kombersies gekoop. Ek is mal oor die bontes, hoe helderder, hoe beter! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60278 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
More more almal, sjoe wat ‘n lekker aand het ons nie gister gehad nie. Het gaan pizza eet – eat as much as you like vir R45.00. Ek meen, waar in jou lewe het jy al so iets gesien.

Ek piepie ook bietjies bietjies as ek nies en het met my eerste swangerskap myself een middag in checkers papnat gepie. My man wou himself natuurlik doodlag, maar dit is nou maar een van daardie dingetjies wat gebeur as ‘n mens swanger is. Ek het gelukkig nie enige probleme gehad na die geboorte nie.

Carmen, jy moet jou rus geniet, want as kleinding eers daar is, is daar nie tyd nie. Wat jy wel verskriklik sal geniet is dat jy met baba kan gaan stap na geboorte en dit is sooo wonderlik.

Anina, geluk met Stefan se verjaarsdag gister. Ag tog ma, ons het verlede maand my seuntjie sin gevier en dit was baie spesiaal. Dis asof hulle nou groot seuns is en nie meer babas nie. My seuntjie is ontsettend bederf en sal so paar minute alleen speel en dan sy ma soek. Dit is nogal baie uitputtend party dae.

Elise, geluk met die 98 days – vandag 97 days. Oh dear, min dae….

Gerne, lol… onderbroek kind se moses. Met Gianluca het ons 4 dae probeer en was ek swanger, met Giovanni 2 dae. Nou vra ek jou?

Carmen, Anina en Gerne, julle met die rooiwyn. Ek het amper vir my gister ‘n glasie by die restaurant bestel, maar my gelukkig ingehou.

Christa, sjoe vrou, ek is bly jy voel beter. Ooo… min dae vir jou ook. Gats, ek raak skoon opgewonde as ek aan daardie klein lyfie dink wat ons elkeen binnekort gaan vashou.

Oh wow! Gerne, jou magie is te pragtig. Ek sal iemand moet vra om vir my ‘n foto te neem dan sal ek ook post.

Ralmarie, neem ‘n foto en wys vir ons.

Jeanine, as ek jy is worry ek nie oor die skeur/sny nie. Die ergste vir my was die aanbuie van verkeerd druk. Dit is blerrie eina. Ek haal sommer vandag al my donut bo uit die kas uit. Sjoe, sit ek nou bloedrooi en bloos hier… dit nog met niemand gedeel nie…

Anina, gepraat van tande. Hoeveel tandjies het Stefan? Gianluca het nou 8. 4 bo en 4 onder. Te pragtig as hy lag! Waar woon jy? Miskien kan ons as ons tweede babas hier is ‘n speelgroepie vir hulle reel.

Petro, jou magie lyk nog so klein, lig bietjie op daardie hemp dat ons mooi kan sien.

Gerne, ek het die ander dag mooi kombersies by Mr Price Home gesien en weet Edgars het ook fantastiese mooi dik kombersies. Die by Edgars is aan die duur kant, maar my tannie het vir Gianluca van dit gekoop en dit verniel glad nie in die was nie, so dit is vir my die prys werd. Ek wil graag net voor Giovanni se geboorte vir hom ook van dieselfde kombersies gaan koop. Hey, miskien moet ek my ma volgende week bietjie Edgars toe sleep en haar al die goed waarvan ek hou wys…. Mmmm.

Ek is lus vir shop. Ek het niks nodig nie, maar winkels toe wil ek. Julle moet seblief vir my duimvashou dat hierdie gevoel vinnig weggaan, want ek het nie geld nie en as ek eers my kaarte begin gebruik is daar geen keer of limiet by my nie.

Meisies, geniet die dag en praat ons weer. My man kan nie verstaan wat soek ek so kort kort op my foon is nie. Ek dink hy dink ek het ‘n skelm verhouding met iemand. Lol… Asof daar ‘n man crazy genoeg daar buite sal wees om ‘n vrou met ‘n eenjarige en 5 maande swanger mammie te date. Hehehe…

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60269 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
helloo julle!

Gerne, ag my aarde, nou waaroor jy gekla het weet ek nie! Daai is mos nou 'n piepklein lyfie my ding! :laugh:

Petro, en jy, jy is ook so dun soos 'n kraak in die muur! :woohoo: Ek sal probeer om 'n foto te laai van my lyfie, maar ek is nie in julle liga as dit by gewig kom nie, ek was oorgewig om mee te begin, so nou is ek lekker rond! So julle moet ook nie lag nie!

Christa, hoop jy kry daai lap waarna jy soek!

Sal later weer inloer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60105 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
LMFAOKL@U - Petro!!! :laugh:

jy is so snaaks, wat is fout met jou? ek sien nie 'n boep of boude nie ?????!!!!! :blink: So ek weet nie waarvan jy praat nie. Jy lyk pragtig hoor!

ja dis vreemd hoe mens so baie kilos kan optel in mens se swangerskap maar mens 'sien' dit nie regtig iewers nie, must be in da belly ne! LOL

Oe Anina, kyk daar is niks lekkerder as sherry in die winter nie, hannepoot! Overvaal s'n! :)

Ek moet se, ek het nogal van die Cars tema bietjie begin hou, maar eers vir henko as hy ouer is, nie nou al nie. maar as ek iets moet kies sal dit cars wees. en ek is mal oor toy story!

En nog 'n ding, waar kry mens mooi receiving blankets, ek is glad nie mal oor die wat ek sien nie, hulle het almal prentjies op en ek soek iets plein blou of mooi spier wit. wonder of mens sulke lap kry, seker ne.

Christa, ek hou duim vas dat jy by edura kry wat jy soek! Jammer om te hoor van jou seer rug :(

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60080 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal! Hoop julle het heerlik gedoeks! Ek het weer laasnag die moeder van rugpyne gehad. So nie te goed geslaap nie. Voel darem vanoggend heelwat beter!

Petro, ek dink jou magie lyk oulik! Julle is almal gans en al te sensitief oor julle lywe! Lees bietjie Annalize se post van gister, sy het die moederlike figuur goed beskryf! Bly jy het bietjie rus en vrede na jou gaste met die stoute kinders! Geniet dit!

Ralmarie, ek sien vanoggend in ons plaaslike koerant Edura het lekker specials aan. Ek gaan ongelukkig net op 'n Saterdag soontoe kan gaan. So as dit jou sal pas, laat weet my dan kom laai ek jou op. Hulle het byvoorbeeld polar fleece 150cm wyd plain en printed vir R9-99 per meter.

Lekker dag almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59987 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
ok dis die beste wat ek myself kon neem. moenie lag nie hoor

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account