file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #59661 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi, hoop dit gaan nog goed met almal!

Anina, baie geluk met Stefan se eerste verjaardag! Mag dit vir hom saam met julle 'n wonderlike nuwe lewensjaar wees!

Ralmarie, hoop julle geniet die kuier daar in Fochville!

Helene, sterkte met al daai kook werk! Dalk moet jy 'n ander hulp kry! Geen mens kan so sukkel nie! Ek het 'n huishulp een maal per week, en glo my as sy moet loop of iets, weet ek nie wat ek gaan doen nie! Sy is vir my goud werd!

Janine, het jy toe jou gordyne uitgesorteer?

Gerne, sterkte met daai sinus! Probeer die volgende boereraat: meng gelyke dele kaneel, gemmer en borrie. Drink een teelepel van die mengsel in 'n halwe koppie kookwater. Dit forseer daai neus om al die slym en gaggas uit te werk. Jy sal sien jou neus gaan vreeslik loop, maar minstens klaar die drukking en ook die hoofpyn darem op!

Annalize, bly jy voel beter! Dit help nogal om so bietjie af te pak! En ons gee glad nie om nie, dis waarvoor ons hier is! Geniet die kuier saam met jou ma!

Elise, geluk met daai min dae! geniet baba se kamer regmaak! En oor drie dae kan jy jou kot en compaktum he! Jippiee!

Carmen, ek stem vir die rooiwyn. Verkieslik 'n lekker Shiraz! Mis ook my wyn deesdae! Ons het Maandag aand ons huweliksherdenking gaan vier met 'n uiteet, en dit sonder 'n ou glasie wyn. :( Oefen maar daai pelvis spiere vir die lek blaas. Ek dink ook soos Anina en die ander dat dit met die ekstra gewig en drukking te doen het. Gesels met jou dok daaroor.

Nelita, sterkte met die blaas-infeksie! Hoop dit klaar gou op! Bly dit gaan goed met baba!

Verder het ek gister amptelik drie maande oor voor Mare se geboorte! Ek kan nie meer wag nie! My maag word nou groter en al hoe meer ongemaklik! Sukkel om my skoene vas te maak en so, manlief sal maar binnekort moet instaan!

Ek het Saterdag met die verskriklikste pyn in my regter sy opgestaan! So erg dat ek sommer in trane uitgebars het. Is toe dokter toe (my dokter se vennoot van wie ek nie regtig hou nie, maar hy was al een aan diens), toe diagnoseer hy blaas-infeksie. Verstaan dit glad nie! My uriene het glad nie gebrand nie, dit het ook nie gevoel of my blaas nie ledig nie, dit was net hierdie ontsettende pyn! Het toe antibiotika en Napacod voorgeskryf. Die pyn is darem oor, sonder die Napacod! het net die antibiotika gedrink. MAAR ek dink nog steeds nie dit was blaas-infeksie nie!

Ok, ek het nou 'n hele boek volgeskryf! Lekker dag verder!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59595 by Cornel
Replied by Cornel on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne ek het vir jou 'n pm gestuur!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59593 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Nee kyk, ek drink altyd rooiwyn!! Dis my favouritste favouritse! :laugh: Hoeveel glasies drink jy 'n week en wat is vir jou aanvaarbaar as jy swanger is? Ek weet dis 'n persoonlike saak vir almal, maar ek wil graag weet!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59552 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
my ergste rooiwyn cravings is wanneer ek swanger is .... en dan blus ek hulle maar! :)

ek drink nooit rooiwyn nie, net as ek swanger is. oe en rooi/pienk shampanje! ek crave dit ook maar sal nie sommer dit drink nie.

die lekkerste nou vir my is Johannesburger Red, hy het so fruity smaak, yum!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59526 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
lol Gerne, dis daai computer gremlins wat dit gedoen het! :laugh:

PS: Ek wens ek kon drink, kyk mense ek smag darem na rooiwyn!!!!!! :blink: :pinch:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59493 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
annalize, jy moet die kuier geniet.
LOL so jy se Gianluca is onderbroek se kind?! :laugh:

Carmen, ek sien jou posts driedubbel, het ons gedrink? :P

Helene, hou van daai idee met die deur die deur loop en knyp! :)
Ek glo die lap doeke gaan jou help spaar, defenitief, jy weet wat kos weggooi doeke!

Elise , yay for 98 days!

Anina, Baie geluk met stefan se verjaarsdag! Ag dis so erg dat hulle so vinnig groot word ne, maar oe, die lekkerste tye kom nou, die loop - die chikenese praat en die snaakse gesig gebare. mens wil hul net opvreet. geniet die spesiale dag!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59341 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene, ja ons gaan partytjie hou Saterdag. Ek het nog soooo baie om te doen, maar hier sit ek agter die comper...

Lap doeke kan met gemak deur die dag en nag gebruik word. Ek gebruik my eie fake Bambino mio's dag en nag. Die lekkerste van die lap doeke is die rekkie aan die agterkant van die waterproof, ek het NOOIT 'n poef gekry wat uitpeul bokant die doek nie. Al my vriende praat van die ou nuwe babatjie wat se poef sommer so teen die rug op spuit, ek het dit nooit beleef nie.

Koop dalk net eers die waterproofs van Stegi af en een stelletjie BM doeke. Ek beveel die Bambino mio doeke aan en die Stegi waterproofs. Ek het nog nie stegi doeke gebruik nie, maar daar is nou 'n girl op die "unconventional green mommies" groep wat sukkel met hulle. Ek weet egter dat Bambino Mio doeke WERK, die Stegi waterproofs is vir my nicer as die BM sin. Jy moet Stegi oor die internet bestel en kan BM by baby city koop. As jy dit net deur die dag wil gebruik is 8 doeke (een pak BM) en 2 of 3 waterproofs heeltemal genoeg dat jy elke 2de dag of dalk nou en dan in die aande was. Stegi waterproofs is ook helfte van die BM waterproofs se prys...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account