hallo dametjies.
ons is vandag weer net halfdag hier, yay! dan moet ons gaan sokker kyk, wat wou, ek gaan rus!
Ek voel vandag net nog bietjie erger

Dit voel presies soos ek 2 weke terug gevoel het met die lugweginfeksie, dis net die keer in altwee kante en nie net die regter kant nie. My oe is rooi en geswel, my keel, ore, nek alles pyn en is toe. en ek weet dit is van die simpel sinus drup, ek het dit nog nooit in my lewe so erg gehad nie.

Ek het gister Acc200, halls, panado, tissue salts, calcvita en vit c pille gebruik en niks het gehelp nie. ek wens net dit wil nou eind kry, regtig. ek is gatvol om so te voel.
elkgeval, sorry vir daai moan so vroeg in die more.
Elise, ek het al 10kg opgetel wat natuurlik heeltemal te veel is

, as dit nie vir die laaste 6 weke was nie sou ek nou op dalk so 6 gestaan het. Jou gewig is glad nie te veel nie, dis eintlik goed.
Die dieetkundige was fantasties, sy het vir my 'n lys gegee van 'vry groentes' wat jy kan eet soveel jy wil en 'n lys met beter kosse, as julle wil kan ek dit more vir julle email as jul daarna wil kyk?!
Ralmarie, pleks jy wens my gesond

Ek is ook te pieperig vir lap doeke
annalize, ons is 'n paar met kiddies nog onder 2 as boetie/sussie kom! Maar jy en Anina was die braafste LOL. Dis 'n klein gap maar dis great, ek sou dit ook nog kleiner wou verkies, maar 22 mnde is seker okay.
Ek is mal oor jou twee seuns se name, dis so verskillend maar pas so mooi bymekaar!
Dis okay as jy moan, ons luister! Maar dis nie lekker wat gebeur het met die kar nie, sterkte jong. en met manlief!