More almal.
Gerne hoop jy is sommer perdvris more en heeltemal gesond.
Waar is Christa? Of het ek gemis dat sy nie hier gaan wees nie? Heleen is ook maar stillerig.
Hier gaan dit goed. Net maar die gewone rugpyne. Het vir my 'n band gekoop by Diskem om te dra. Ek dra dit en dit help seker, maar as my rug wil pyn, pyn hy no matter what.
Die week is besig, dis net maatjies elke dag en tussendeur wil ek nou sweetpakke maak vir die kinders. Ek dink ek moet my kop laat lees. Maar ek is nou lus daarvoor.
Tussendeur moet ek nog boeta se duvetjie klaar maak. Dis nog net die blokke wat aanmekaar moet kom, en natuurlik die agterkant en watteersel.
Oor die algemeen sien ek dit gaan darem goed met almal. Net ons hormone wat almal pla. My humeur is maar kort in die laaste tyd so ek is bly die kar storie het nie met my gebeur nie. Ek sou die ou dalk net 'n ding of twee vertel het.
Nou ja, verder gaan alles goed en more gaan ons in Fochville by vriende kuier so ek sal nie deur die dag inloer nie.
Geniet jul dag.

(Ek hou van die gesiggie, dit laat my beter voel.