file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #58958 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Dankie Ralmarie en Gerne, al wat ek sover kon kry om skeur te verminder/voorkom is kegel exercises (www.childbirth.org/articles/kegel.html) (www.mayoclinic.com/health/kegel-exercises/wo00119), dit help glo om pelvis spiere sterker te maak.

Gerne, is jy al beter jong?

Ag ek geniet hierdie warmer weer wat ons nou weer het! Hopelik het my heatertjie uiteindelik ingeskop voor die volgende koue front, want laasweek het ek omtrent gebibber.

Lekker dag verder!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #58954 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More dames!!

Eish, die skeur ding klink lekker seer, maar met die epiduraal voel jy dit mos in elk geval nie. Maar almal waarmee ek al gepraat het, se dat die gynae knip as hulle sien dit gaan skeur?? En dan behandel jy dit mos net met soutwater vir 'n tydjie daarna.

Nog iets wat my meer pla as die skeur...ook maar persoonlik...maar sukkel mens met inkontinensie na die tyd (die blaas wat lek) Dis iets wat ek GLAD nie wil he nie en eks bang daarvoor!

My man het vanoggend gevlieg Kaap toe, so nou is ek weer alleen vir 'n week :( , maar ag wat dis ok! Ek sal survive! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #58910 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeiemore.

Dit is Woensdag, alweer middel van die week :woohoo: :silly: :blink:

Lily, ek het geskeer en het 3 stekies gekry. dit nie gevoel nie die dokter het net vir my gese. Henko se kop was baie groot.
Ek weet nie of daar iets is wat mens kan doen om dit te voorkom nie hoor, dit hang maar af hoe groot jy is en hoe groot baba is (dink ek). Na die tyd is dit bietjie seer maar dis darem ook nie doodsake nie, niks wat growwe sout nie kan uitsort nie.

Ralmarie, jy is baie gelukkig om so vinnig te kan kraam elke keer ne.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #58721 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek dink Nef of iemand sal dalk beter oor die skeur kan antwoord.

Ek self het dr geknip met nog al 4 my bevallings. Ek is met my eerste bevalling gese ons sal kyk of ek normaal kan kraam, dr het vermoed ek mag dalk klein wees. Sover is almal uit. LOL. Dit kan ook wees omdat ek redelik vinnig kraam. Vanaf ek begin ongemaklik voel dis nou voor enige kontraksies tot baba gebore is is plus minus 6 ure. As ek kontraksies begin kry moet ek al dadelik hospitaal toe en dan so 2 ure of wat later is baba gebore. So ek is gelukkig in daai opsig. Ek is nie seker of daar iets is om dit te verhoed nie. Laat my gerus weet as jy raad gekry het dan kan ek dit ook dalk probeer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #58702 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle!

Bafana het wraggies al twee goals.... As al die vuvuzelas in die kompleks begin blaas, sit ons maar die TV aan. :)

Gerne, jy't nou al omtrent jou deel van siek wees gehad hierdie winter - hoop dis sommer gou oor en verby! Neln, hoop die blaasinfeksie is ook sommer gou beter en medikasie help vir skildklier.

Van Sondag af voel dit ook vir my of ek nou 'n regte swanger magie begin kry! Te lekker! Carmen, kouse&skoene aantrek raak ook al vir my moeiliker en ook maar 'n gekreun met tye... :laugh: En Ilse skop ook al harder, word selfs wakker in die nag, dan voel ek sy's omtrent aan die move. :laugh:

Die vragie is redelik TMI (sorry!) - die van julle wat al normaal gekraam het, het julle geskeur / wat het gehelp om nie te skeur nie? Julle is welkom om my te PM as dit te persoonlik is, maar dis nogal iets waaroor ek wonder en natuurlik graag wil voorkom...

Lekker aand vir julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #58672 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi almal, ek was alweer die heel dag uit so ek het al die chats gemis...

Annalize, my twee gaan ook 16 maande uitmekaar wees. Stefan is gelukkig 'n vrek maklike baba, so hopelik sal hy die nuweling ook maar net so in sy stride vat.

Gerne, jy moet gesond word dame! Dit kan nie meer te lank hou nie, drink maar net daai vitamine C!!

Elise, ek het 'n stel bambino mio doeke gekoop by 'n 2de handse shop (was nog onoopgemaak) toe copy ek dit en maak my eies. Ek koop bambino mio en stegi waterproofs (hulle werk dieselfde, die stegi is net effe groter en baie goedkoper) en dan sit ek my eie doeke binne in. Toe ek moes begin om groter doeke te gebruik, het ek 'n pak bambino mio oopgemaak in baby city en dood luiters daar op die vloer gesit en die goed mooi meet... toe copy ek dit weer. Ek maak van verskillede soorte lap die doeke, ek maak die nag doeke van gloudina materiaal, die res van dunner lap wat vinniger droog word. Dit werk heerlik en is baie kleiner op baba se boude as gloudina doeke. Stefan dra dieselfde size broeke as hemde, terwyl my sus wat mother nature doeke probeer het vir haar kids groter broeke moes koop, ek dink met die gloudina doeke sal jy dit dalk ook moet doen.

Eks bly niemand worry regtig oor gewig nie, dit maak mens net siek!! Ek het gister geweeg, maar klim as 'n reel nie op 'n skaal nie. Ek eet wat ek wil en as ek gewig op tel (of nie) dan is dit maar so... Sover is ek bietjie agter met die optel, maar baba is gesond so ek steur my nie aan aanmanings nie...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago - 16 years 3 months ago #58594 by neln
Replied by neln on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Jammer ek was so stil die laaste week - het bietjie rof gegaan.

My ma het verlede week kom kuier - natuurlik vir haar kleindogter! Ek het toe so 2 dae verlof gevat.

Met kleinding gaan dit darem goed - was by dr - net jammer my sonars is so onduidelik - hy le nog die hele tyd in 'n stuit posisie!!! Ek het boonop nog 'n blaasinfeksie ook opgedoen en voel nie te wat wonders nie en toe nog 2 dae siekverlof ook gevat.

Dr moes my skildklier medikasie ook verhoog nadat my bloedtoetse gewys het dat ek op 'n te lae dosis is.

Ek gaan nie probeer opvang nie - dis seker 30 bladsye!!!! Hoop nie ek het iets belangriks gemis nie.

Lekker dag vir almal.

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account