file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #50431 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Janine, het vir jou pm gestuur. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #50421 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal! :laugh:

Petro, baie geluk met daai seunskind! Amper die hele Oktober is blou! :woohoo:

Ralmarie, daai beertjies is pragtig! Ek is mal daaroor! Daai duvetjie gaan so mooi lyk! Jy moet kom wys wanner jy klaar is! :P

Carmen, geniet julle naweek! Kom veilig terug! :silly:

Janine, ek sal kyk of ek kan help! Ek het naaldwerk maar met trial en error geleer. ;)

Lekker dag vir almal! Ons gaan vandag bietjie 'n worsie op die kole gooi hier by die werk en omdat ek die enigste vrou is, is al die voorbereiding my verantwoordelikheid! Sal egter kyk of ek 'n draaitjie kan maak!

Soet wees! O ja, ons loop darem 14:00 vandag! Het so uur afgekry vir die sokker!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #50355 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek probeer weer. Iets was fout.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #50354 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Nou ja, hier is solank die wat klaar borduur is. Dis net die prentjies die blokke moet nog uitgesny word.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #50310 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Toe's hierdie dag ook al weer basies verby...

Petro, baie geluk met die seuntjie! Bly hy't darem vir 'n oomblik stil genoeg gelê om te wys. :)

Christa, dit klink my jy ken van naaldwerk - gaan vir jou 'n PM stuur, wil raad vra vir my babakamer gordyne... :silly:

Julle moet 'n heerlike aand hê, more is die wêreldbeker toe nou wraggies al hier.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #50306 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Geluk Petro!!! :woohoo:

Baie bly!!

Ek gaan ook nou die dag afeindig! Ek gaan seker nie hier inloer nie tot volgende Woensdag nie, maar ek gaan probeer, anders het ek net HEELTEMAL te veel lees werk om op een slag te probeer inhaal! :pinch:

Lekker aand, en lekker naweek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #50304 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Lekker aand vir almal.
Julle waai gewoonlik vroeg. So dan groet ek maar vroeg.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account