More almal! Dis vrek koud in Wollies vandag! Spierwit geryp!
Elise, bly jy het lekker geslaap! Ons wil net so graag gaan fliek, maar sien ook nie kans vir die laat nagte nie. Is meeste aande al 19:30 in die bed, omdat ons al 04:30 in die oggende opstaan. Ek gebruik DS24, kos so R100 vir 60 kapsules wat 2mnde se voorraad is. R60 vir 30(1 mnd). Samantha is dalk bietjie Engels vir Afrikaanse kind, maar die Mikayla klink baie mooi. Maar Samantha is 'n baie mooi naam!
Ralmarie, dankie dat jy gaan kyk het! Ek sal maar hier in Wollies en Klerksdorp kyk wat ek kry, anders moet manlief my maar Oriental Plaza toe vat daar in JHB. Hoe voel Ludwig se tand? Hoop die tandarts kon dit sommer klaar regmaak!
Gerne, daai fotos is ADORABLE! Daai bekkie is net reg vir heeldag soen! Jy is fluks om klaar te begin uitsorteer en regpak! Ek probeer nog moed bymekaar skraap! Dalk moet ek net met iets begin, dan voel ek al beter oor die saak!
Ashleigh hou van jou naam! Dis iets heeltemal anders! (Ralmarie, ek weet darem wie is Harry Potter

)
Ralmarie, ek kyk nou an Annalize se lysie met die name by. Andrico van Rooyen klink darem BAIE mooi! Jy sal vir Pappa moet bearbei!
Lekker dag almal!