file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #47055 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Jip, ons bly in 3 slp meenthuis en die kamers is net so klein!

Ons sal 'n camping cot in ons kamer kan pas, as Riley daar gaan slaap in die begin. Die huidige spaarkamer gaan mos nou babakamer word, maar ek gaan ook net 'n enkelbed, kot en badtrollie en klein laaikas kan inpas, maar dit sal kan werk!

Die probleem is pakplek, want my spaarkamer se kaste is vol en nou moet ek plek maak in die studeerkamer se kaste om al daai goed in te pas, en natuurlik is die studeerkamer se kaste ook vol :ohmy:

So my probleem is meer pakplek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #47053 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek moes nou die dag ten spyte van 4 kinders vir iemand vra wie of wat is Ben 10. Het ook nie geweet nie. LOL. My kinders word maar bietjie streng groot en mag nie enige gemors kyk nie. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #47043 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Het darem al gehoor van Cars. :blush:

Hoop nie daai tand is te seer nie! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #47037 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ja nee Christa, kan sien dis jou eerste, vra bietjie vir manlief se jongste.
Dis so vinnige rooi karretjie. Cars ? Lui dit dalk 'n klokkie? Eintlik 'n mooi storie agter die hele fliek. Disney karaktertjie. ;)
Gaan kyk of ek vanmiddag dalk nog gou vir jou kan loer. Ludwig het sy stopsel uitgebyt en gaan 2 uur gou tandarts toe. As die res rustig is sal ek gou na die tyd gaan kyk.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #47017 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie, wie of wat is Lightning Mcqueen? :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #47015 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ai Elise, sterkte vir daai seer mond! Wat veroorsaak die aanhoudende absesse? Dokter moet jou kan se, dis regtig nie normaal nie! Dalk moet hy/sy vir jou 'n kursus antibiotika laat drink. Daaar is wat heeltemal veilig is vir baba! Praat met hom wanneer jy daar kom.

Ralmarie, ek is opsoek na iets met visse, seeperdjies, krappies en skulpies. Wil so see/strand tema gebruik. Kleure, ligblou, donkerblou en sandkleur (ligte khaki). Sal gaaf wees as jy kans kry om te kyk of daar so iets is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #47007 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, nee wat jong dis net Sew&Save wat hier is. Ek het sommer effe en check materiaal gekoop wat ek op gaan borduur en in sulke ongelyke blokke aan mekaar werk vir die duvetjie. Dan het hul bietjie temas soos Lightning Mcqueen en so. Waarna soek jy dalk kan ek vir jou gaan loer en laat weet of daal so iets is. Of 'n foto neem? :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account